C

O, soete verleiding! Vind meer uit oor Lyfskap, ’n versameling erotiese verhale deur top Afrikaanse skrywers
 More about the book!

‘Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.’

’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.

Lyfskap is saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg.

Oor die samestellers

Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees – liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Tans is sy, benewens ’n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Na sewe jaar by Exclusive Books en nog sewe jaar in die boekbedryf maak Leonie van Rensburg haar eie boekwinkel oop – Graffiti Boeke. Tydens die Covid-19 inperking hou sy boekwurms aan die gang met haar Graffiti-aanlynkuiers.

Die e-boek is nou beskikbaar by:

Categories Afrikaans Fiction Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Erotiese verhale Fanie Viljoen Hans Pienaar Irna van Zyl Jan Vermeulen Joan Hambidge Kerneels Breytenbach LAPA LAPA Uitgewers Leon van Nierop Leonie van Rensburg Lyfskap Marion Erskine Maya Fowler New books New releases Riana Scheepers Sophia Kapp Zirk van den Berg


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments