LAPA Uitgewers

Die liefde in jou se Afrikaans: skryf nou in vir LAPA se liefdesverhaalkompetisie (3 Feb 2020)

Skryf nou in vir LAPA Uitgewers se 2019/2020 liefdesverhaalkompetisie – Die liefde in jóú se Afrikaans.

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n eerlike, skreeusnaakse memoir en nuttige gids oor aanlyn-afsprake

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks is beskikbaar by Wênkbrou – ’n druknaam van LAPA Uitgewers.

Geloof en mag sorg vir ’n dodelike kat-en-muis speletjie in Die Alfadokument deur René van Zyl

René van Zyl se jongste samesweringsriller Die Alfadokument is nou by LAPA Uitgewers beskikbaar.

Maak gereed vir ’n banting- en keto-avontuur in Armand kook kaal – die maer uitgawe deur Armand Aucamp

Armand kook kaal – die maer uitgawe wys jou hoe om smuldisse uit gesonde bestanddele te skep en te geniet sonder dat jou figuur daaronder ly.

Moenie die bekendstellings van In gesprek met Waldimar deur Waldimar Pelser in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad misloop nie (19, 21 en 26 November)

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstellings van Waldimar Pelser se jongste boek, In gesprek met Waldimar, in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.

Kristel Loots Eendag is nou

Eendag is hier. Eendag is nou. ’n Vrou se hart hunker na liefde in Kristel Loots se jongste roman

In haar jongste roman, Eendag is nou, vertel gesoute skrywer Kristel Loots die verhaal van ’n jong vrou wat al haar lewe lank wag op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef ‘eendag’ is hier, eendag is nóú …

Nuut by LAPA – In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings deur Waldimar Pelser

Nuut by LAPA: In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings deur Waldimar Pelser.

Kom gesels met Wendy Maartens oor die bewaring van Afrikaanse volksverhale in Bloemfontein (13 Nov)

LAPA Uitgewers en Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) nooi jou uit om te kom luister na Wendy Maartens se gesprek oor die bewaring van Afrikaanse volksverhale.

Dibi Breytenbach en Wendy Maartens kuier in Pretoria (PLUS: LAPA maak ’n belangrike aankondiging) (12 Nov)

LAPA Uitgewers nooi jou uit na ’n opwindende boekgesprek met twee van ons geliefde skrywers: Dibi Breytenbach en Wendy Maartens.

Out now! The Bosasa Billions: How the ANC Sold its Soul for Braaipacks, Booze and Bags of Cash

The Bosasa Billions: How the ANC Sold its Soul for Braaipacks, Booze and Bags of Cash by James-Brent Styan and Paul Vecchiatto is out now from LAPA.

Veels geluk aan al die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019! (Plus: Video)

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het vroeër vandeesmaand die finaliste van die ATKV-Woordveertjies bekendgemaak.