C

Dibi Breytenbach en Wendy Maartens kuier in Pretoria (PLUS: LAPA maak ’n belangrike aankondiging) (12 Nov)

LAPA Uitgewers nooi jou uit na ’n opwindende boekgesprek met twee van ons geliefde skrywers: Dibi Breytenbach en Wendy Maartens.

Plus: kom wees deel van geskiedenis as LAPA Uitgewers ’n belangrike aankondiging maak!

Dibi is die skrywer van SaligerHeiliger en Blinde gode. Liefde vir woorde, stories en mense het haar genoop om haar in die regte te bekwaam en sy werk al baie jare in die strafregstelsel, veral met kindersake. Wendy is ’n bekroonde kinderboekskrywer en is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak.

Die geleentheid vind plaas op Dinsdag, 12 November, om 18:00 in die Pierneefteater te Pretoria.

Besonderhede

Datum: Dinsdag, 12 November 2019
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Pierneefteater, hoek van Mogg en Pierneef, Villieria – op die terrein van Hoërskool Hendrik Verwoerd
RSVP: info@pierneefteater.co.za of 012 329 0709
Facebook-uitnodiging

Posted by LAPA Uitgewers on Monday, October 21, 2019

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekgeleenthede Book events Dibi Breytenbach Events LAPA LAPA Uitgewers Pierneefteater Pretoria Wendy Maartens


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments