C

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n eerlike, skreeusnaakse memoir en nuttige gids oor aanlyn-afsprake
 More about the book!

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks is nou beskikbaar by Wênkbrou – ’n druknaam van LAPA Uitgewers.

Oor die boek

‘Om jou geliefde te verneuk is makliker as wat mens dink. Ek het ’n paar skimpe in die Wolf se rigting gegooi, en hy het onmiddelik honger gereageer. Wat moeiliker is, is om jou klere die eerste keer voor ’n vreemde man uit te trek.’

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn-afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir – maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn-afsprake.

Oor die outeur

Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 28 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times. Sy het drie boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing en V-Verhale. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Erla-Mari Diedericks LAPA LAPA Uitgewers Memoir New books New releases Seks leuens en die internet Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments