C

Eendag is hier. Eendag is nou. ’n Vrou se hart hunker na liefde in Kristel Loots se jongste roman
 More about the book!

Kristel Loots Eendag is nou

In haar jongste romanEendag is nou, vertel gesoute skrywer Kristel Loots die verhaal van ’n jong vrou wat al haar lewe lank wag op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef ‘eendag’ is hier, eendag is nóú …

Oor die boek

Jacomien se lewe bestaan daaruit dat sy haar man, ’n eiendomsagent, na begrafnisse vergesel om te ‘netwerk’ en huise wat te koop mag wees, op te spoor. Dis een van die rare maniere waarop die nimlike Franco sy sake bedryf en, goeie vrou wat sy is, ondersteun sy hom daarin.

Maar Jacomien is moeg en verveeld met Franco en hulle manier van lewe. Sy verlaat die gesin se huis in Panorama om in ’n strandhuis te gaan bly. Haar lewe lank wag sy op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef dat eendag nie meer op háár wag nie. Eendag is hier, eendag is nóú. Jacomien is amper sestig en Vader Tyd is ’n ou bogger wat niemand ontsien nie. Ook die mooie Jacomien se uurglas loop leeg.

Om die kroon te span is haar twintigjarige dogter Klara begogel met haar filosofieprofessor en Jacomien, immer die ‘interfering mother’, se bekommernis hieroor dryf haar om nader kennis te maak met hierdie akademikus; want Jacomien dra die letsels van haar eie aaklige ervaring aan dieselfde universiteit. Een verkeerde keuse het ’n skadu oor die res van haar lewe gegooi en haar in ’n rigting gestuur waarin sy nie werklik wou gaan nie.

Maar haar hart is honger vir liefde en sy besef gister is verby, aan môre kan sy niks doen nie, maar sy kan elke dag leef asof dit haar laaste is. Want ‘eendag’ is nóú.

Oor die outeur

Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. ‘Gewone’ voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor ‘anderste’ vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Eendag is nou Kristel Loots LAPA LAPA Uitgewers Liefdesroman New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments