Veels geluk aan al die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019! (Plus: Video)

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het vroeër vandeesmaand die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019 bekendgemaak.

Die wenners sal op Vrydag 6 September bekroon word tydens ’n spoggeleentheid by die Adam Small-teater op Stellenbosch.

Veels geluk aan al die finaliste van die ATKV-Woordveertjies 2019!

Kyk na die video:

~~~

Lees die persverklaring:

Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch aangebied word. Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Die dao van Daan van der Walt – Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg)
  • Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey – Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
  • Kinnes – Chase Rhys (Kwela Boeke)

Prys vir Liefdesroman

  • Die tragiese saak van Pamina Vermaak – Annie Klopper (Kwela Boeke)
  • Blom in die hare – Kristel Loots (LAPA Uitgewers)
  • Uit die bloute – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Openbare domein – Daniel Hugo (Naledi)
  • Asof geen berge ooit hier gewoon het nie – Pieter Odendaal (Tafelberg)
  • Doodmenslik – WL van der Merwe (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

  • Sophia se beskermengel – Malene Breytenbach (Melodie)
  • Liefde vir ’n cowboy – Didi Potgieter (Romanza)
  • Blameer die skoenlapper – Elsa Winckler (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Prooi – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  • Losprys – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
  • Sondag – Irma Venter (Human & Rousseau)

Prys vir Dramateks

  • Huishou – Philip Rademeyer
  • Klippe wat val – Philip Rademeyer
  • Nagskofkliek – Retief Scholtz

Prys vir Niefiksie

  • Ingrid Jonker – Petrovna Metelerkamp (Penguin Random House)
  • ’n Skerfie glas – Erika Murray-Theron (Protea Boekhuis)
  • Die opkoms en ondergang van die NG Kerk – Jean Oosthuizen (Penguin Random House)
Einde

Categories Non-fiction South Africa

Tags Adam Small-teater ATKV ATKV-Woordveertjies Book events LAPA Uitgewers Literary Awards Melodie Naledi NB Publishers News Penguin Random House SA Protea Boekhuis Stellenbosch Video


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments