Afrikaans

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Lees ’n uittreksel uit Toe ons in Ghrieshuis was deur Maretha Maartens

‘Die moeilikste ding op die hele aarde is om oukei te klink as die hele lewe nie meer oukei is nie’ – Toe ons in Ghrieshuis was deur Maretha Maartens.

‘Week 1: Kom ons wees bereidwillig’ – lees ’n uittreksel uit Gesinstyd met God deur Louise Viljoen!

‘Dink net wat die dissipels alles sou mis as hulle nie bereidwillig was om Jesus te volg nie,’ skryf Louise Viljoen in Gesinstyd met God.

[Video] Tinus le Roux oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur: ‘Dit moet lyk asof dit met ’n kleurkamera geneem is’

‘Die belangrikheid om jou geskiedenis te bewaar en te koester en te laat leef is vir my na aan die hart’ – Tinus le Roux gesels oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur op Die Groot Ontbyt.

Kyk! Bibi Slippers lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog

‘Ek’s die tipe vrou wat slegs met een hand aan die stuur vashou’ – Bibi Slippers, Mixtape van die liefde

‘Een kunstenaar in die familie is meer as genoeg, dankie’: Bloedbande-outeur Jeanette Stals beantwoord vier vinnige vrae

In die blitsonderhoud gesels Jeanette Stals oor die boeke, mense en dinge wat haar inspireer.

Gebaseer op ’n ware verhaal: Kom vier die bekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo in Klerksdorp! (4 Jun)

LAPA Uitgewers nooi jou graag uit na die boekbekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – die aangrypende verhaal van ’n jong meisie wat uit ’n kultus ontsnap.

[Potgooi] ‘Dis nooit, ooit te laat nie. Staan op, daar is ’n lewe daar buite’: Ilse Verster gesels op Radio Overberg oor So lyk ’n vrou…

Hoe oorleef mens 40 jaar saam met ’n narsis? Ilse Verster gesels met Anne-Marie Burger oor haar debuut, So lyk ’n vrou. Plus, lees ’n resensie op LitNet!

‘Toe val die jong soldaat’: Lees ’n aangrypende uittreksel uit Tenk deur Pieter Stoffberg

Penguin Random House SA het ’n boeiende uittreksel gedeel uit Tenk deur Pieter Stoffberg – ’n klinkende stuk historiese fiksie wat lig werp op een van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola.

Skud af die koue en verslind vier nuwe liefdesverhale, nou beskikbaar by LAPA Uitgewers!

Nuut by LAPA! Vier nuwe liefdesverhale deur René van Zyl, Kristel Loots, Dina Botha en Corné van Rooyen.

‘Só kyk die leessnobs op hul neuse’ skryf Christelle van Rooyen-Wessels in The Penguin Post

Is misdaadfiksie ‘kuns’? Christelle van Rooyen-Wessels besin.

Nuut: Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog, met gedigte deur Nathan Trantraal, Ronelda S Kamfer en nog!

Mixtape van die liefde is nou beskikbaar as e-boek by LAPA Uitgewers en tref ook binnekort die rakke!

[Om te skryf] Helene de Kock vertel ‘Die storie van ’n storie’ in The Penguin Post

Om oor die skryfproses te gesels, is opwindend, sê Helene de Kock. Om daadwerklik te begin skryf, kan as iets tergend en ontwykend beskryf word.

Een gelukkig leser kan nou wegstap met Vita du Preez se volledige erotika-trilogie! Neem deel op Facebook voor 19 Mei

Liefdesles, Klaskamer én Skoolgeld – dis die drie boeke waarmee jy vandeesweek kan wegstap in LAPA Uitgewers se jongste Facebook-kompetisie.

Tenk deur Pieter Stoffberg: ’n Plofbare roman oor een van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola

1987. ’n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak in Pieter Stoffberg se jongste roman, Tenk.

NOU beskibaar by Wenkbrou – Liefdesles deur Vita du Preez! #DisIngewikkeld

Vita du Preez se jongste roman is hier! Liefdesles is die derde en laaste boek in haar erotika-trilogie en volg op Klaskamer en Skoolgeld.

’n Nuwe seisoen, ’n nuwe begin vir die liefde in vier bekoorlike Romanzas!

Nuut by LAPA! Vier nuwe liefdesverhale deur Magdaleen Walters, Marilé Cloete, Santi Neven en Alicia Hanekom.

Waarmee worstel Stella se dogters so? Kom vind uit by ’n Netwerk24-aanlyngesprek met Helene de Kock (19 Mei)

Penguin Random House SA en Netwerk24 nooi jou graag na ’n aanlyngesprek oor Stella se dogters deur Helene de Kock.

[Video] Probeer Elmarie Berry se smullekker resep vir Malvapoeding met ’n Pinotagesous uit haar debuutkookboek, Kosbaar

‘Ek gaan vir jou wys hoe om mooi kos maklik te maak’: Loer tussen die bladsye van Kosbaar deur Elmarie Berry en probeer haar resep vir Malvapoeding met ’n Pinotagesous.

Nuut deur die skrywer van Adder en Brandmerk: Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels

Help, my seun is ’n moordenaar! Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels is nou beskikbaar by Penguin Random House SA.

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen wen die 2022 Scheepersprys vir Jeuglektuur! (Plus: Lees ’n uittreksel)

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die Akademiebekronings vir 2022 bekendgemaak! Fanie Viljoen wen die gesogte Scheepersprys vir jeuglektuur vir sy roman, Offers vir die vlieë.