C

Nuut: Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog, met gedigte deur Nathan Trantraal, Ronelda S Kamfer en nog!
 More about the book!

Mixtape van die liefde is nou beskikbaar as e-boek by LAPA Uitgewers en tref ook binnekort die rakke!

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:

  • Verliefdheid (’n rimpelvel hardloop)
  • Wat is die liefde? (my hart het in jou verdwaal)
  • Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?)
  • Liefde en pyn (ek volg net my hartseer)
  • Liefde en woede (ek haat en ek het lief)
  • Liefde wat verder reik (o’s celebrate)

Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel: Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman en Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte. Daar is ook verskeie vertalings van gedigte in inheemse en ander tale.

Oor die samesteller

Antjie Krog is ’n prominente Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Antjie Krog LAPA LAPA Uitgewers Mixtape van die liefde New books New releases Poetry


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments