C

Gebaseer op ’n ware verhaal: Kom vier die bekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo in Klerksdorp! (4 Jun)
 More about the book!

LAPA Uitgewers nooi jou graag uit na die boekbekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – die aangrypende verhaal van ’n jong meisie wat uit ’n kultus ontsnap en ’n nuwe lewe in Klerksdorp begin.

Salomé Kotzé sal met An-Mari gesels oor haar geestelike roman vir jong volwassenes wat in June 2022 by LUCA verskyn.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Saterdag 4 Junie 2022
Tyd: 14:00
Plek: From Shack to Sanctuary, Ianstraat 64C, Wilkoppies, Klerksdorp
RSVP: An-Mari 072 055 6242 (slegs WhatsApp)
Facebook-uitnodiging

Covid-19 regulasies sal in plek wees, so onthou asseblief jou masker!

***

Oor die boek

Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.

’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid. Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

Oor die outeur

An-Mari do Carmo het op nege jaar oud al begin stories skryf en het haar hele lewe aan boeke gewei. Haar debuutroman, Toe als groen was, word in Junie 2022 deur LUCA Uitgewers uitgegee.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans An-Mari do Carmo Boekbekendstelling Book events Book launches From Shack to Sanctuary Jeugroman Klerksdorp LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Toe als groen was Young Adult


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments