Afrikaans

LAPA maak e-lees nog meer bekostigbaar met 30% af op alle e-boeke (17 – 30 April 2020)

LAPA het alle e-boeke op ons webruimte afgemerk met 30%. Dit beteken e-lees is nog meer bekostigbaar as ooit te vore. Die aanbod geld tot 30 April 2020.

Het jy ’n donker geheim? Bieg anoniem aan Wenkbrou tot einde April en jou storie word dalk opgeneem in Wenkbrou se biegboek

Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem jou donkerste geheime aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word opgeneem in Wenkbrou se biegboek.

‘Toe die vyfde yssomer aanbreek en die son steeds nie skyn nie, het die uittog begin’ – Lees ’n uittreksel uit In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer

Lees ’n uittreksel uit die wyle skrywer Harry Kalmer se roman In ’n land sonder voëls, wat onlangs benoem is vir die Universiteit van Johannesburg-pryse vir 2020.

5 vrae aan Willem Krog oor Alleen onder die maan (Plus: ’n video, gedig en resep om jou deur die inperking te dra)

Indien jy die virtuele bekendstelling van Willem Krog se jongste roman Alleen onder die maan, misgeloop het, kan jy hier na die video kyk en boonop ’n verdere onderhoud met die skrywer lees. Geniet dit!

Isolasie-inspirasie: Trooskos – 14 smullekker trooskosresepte wat jou en jou gesin van inperking sal laat vergeet (e-boek)

Hier is 14 smullekker trooskosresepte wat jou en jou gesin van Covid-19 en inperking sal laat vergeet. Ons voorouers het hierdie resepte gemaak in tye van oorlog, swaarkry en depressie om almal se gemoed te lig: jy kan ook.

Bly by die huis en word maer! Laai die e-boek Bant saam met Armand deur Armand Aucamp af en leer hoe om gesond te kook

Jy hoef nie vet te word in isolasie nie. Leer hoe om gesond te kook met 14 heerlike resepte in Armand Aucamp se jongste e-boek, Bant saam met Armand.

’n Storieboek maak ’n reuse verskil: Christien Neser vertel hoekom kinders nou meer as ooit boeke nodig het

Help! My kind is anders is ’n praktiese gids met bruikbare wenke wat ouers toerus met die nodig kennis en riglyne om atipies kinders groot te maak. Ook beskikbaar as e-boek op LAPA se webwerf en Amazon.

Jan Tuisbly se wiele pap? Sit ’n huppel in jou stap met 8 heerlike Afrikaanse e-boeke, net vir jou

Jan Tuisbly se wiele pap? Sit ’n huppel in jou stap met agt van die beste Afrikaans boeke, nou in e-boekformaat beskikbaar! Laai hierdie heerlike Afrikaanse e-boeke hier af: bit.ly/3dYR35n

‘Jy mag niks geniet nie, want jy het iets verskrikliks aangevang’: Lees ‘n uittreksel uit Liewe mamma deur Esther Verhoef

Liewe Mamma deur die Nederlandse skrywer Esther Verhoef is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger. Lees die uittreksel.

‘Sy val onomkeerbaar langs die trein in’: Lees en luister na ’n uittreksel uit Bloedsteen deur Irna van Zyl

Lees ’n uittreksel uit Bloedsteen deur Irna van Zyl en luister na ’n stukkie uit die audioboek, voorgelees deur Chris van Niekerk.

[Luister] Waldimar Pelser: ‘Ek fokus op oneerlikheid, dubbele standaarde, en mense wat ons land skade aandoen’

Rapport redakteur en bekroonde joernalis en skrywer Waldimar Pelser was ‘n gas op Podlitiek op Maroela Media waar hy met Paul Maritz en Ernst van Zyl gesels het oor sy jongste boek, In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings

Moenie die virtuele bekendstelling van Alleen onder die maan deur Willem Krog in Johannesburg misloop nie! (8 Apr)

Jonathan Ball Uitgewers en The Reading List nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Alleen onder die maan deur Willem Krog.

Benoem vir die UJ-pryse vir 2020: In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer, Strafjaart deur Theo Kemp en Zola deur Johan Smith

Goeie nuus! Penguin Random House SA het nie minder nie as drié boeke wat ingesluit is vir die Universiteit van Johannesburg-pryse vir 2020.

Lees ’n uittreksel uit Afspraak met moord deur Jana Marx, die ware verhaal oor die binnewerking van die Krugersdorp-kultus

Lees ’n uittreksel uit Afspraak met moord deur Jana Marx, die ware gruverhaal van een van die opspraakwekkendste moordsake in die land.

Wonder wat jy gaan doen vir die volgende 21 dae? Jou gunsteling LAPA titels is nou as e-boeke beskikbaar

Die nasionale inperking het aangebreek, en jy weet nie hoe jy deur 21 dae gaan kom nie … Ons het die antwoord! Jou gunsteling titels is nou as e-boeke beskikbaar.

Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef se angswekkende riller Liewe Mamma is nou in Afrikaans beskibaar!

Esther Verhoef se Nederlandse domestic noir Lieve Mama is nou in Afrikaans by LAPA beskikbaar as Liewe Mamma.

Ter wille van jou deur Magdaleen Walters: Kan Stoffel sy onskuld bewys en Juanita se liefde wen?

‘n Tronkvoël en ‘n houtfabriekeienaar se dogter … sal liefde op die ou end seëvier? Vind uit in Ter wille van jou deur Magdaleen Walters

[Video] ‘Suid-Afrikaners is passievolle lesers’: Jodi Picoult gesels oor Die belydenis en vertel hoekom sy so lief is vir Suid-Afrika

Die wêreldbekende skrywer Jodi Picoult het in Maart vanjaar by Die Groot Ontbyt aangesluit vir ‘n onderhoud oor haar eerste vertaalde boek in Afrikaans, Die belydenis.

Wen 1 van 3 kopieë van Bloedsteen of Blood Stone deur Irna van Zyl! (Kompetisie sluit 31 Maart 2020)

Drie gelukkige wenners kan elk ’n kopie van óf Bloedsteen óf Blood Stone deur Irna van Zyl wen!