Afrikaans

Monday – 8th March 2021

‘Jy het my baba vermoor, Meinhardt’: Lees ’n uittreksel uit Die lewe vir beginners deur Bernette Bergenthuin

Lees die eerste hoofstuk van Die lewe vir beginners deur Bernette Bergenthuin: ’n storie van begin, weer begin en óórbegin …

Een minuut met SJ Naudé: Lees The Penguin Post vir ‘n eksklusiewe onderhoud met die Dol Heuning-outeur

Die jongste uitgawe van The Penguin Post het pas geland! Slaan dit oop na bladsy 3 en lees ’n eksklusiewe onderhoud met SJ Naudé.

Friday – 5th March 2021

‘Wat is dit tog met haar en weeskinders?’ Lees die eerste hoofstuk uit Stillewe deur Marie Spruyt

In Stillewe deur Marie Spruyt beland joernalis Lizette de Klerk op ’n speurtog na Italië waar sy die ware betekenis van la dolce vita leer ken. Lees die eerste hoofstuk hier.

Thursday – 4th March 2021

Wat is die moeilikheid met Piña Coladas? Vind uit in Elsa Winckler se stomende erotiese verhaal in Lyfskap [Uittreksel]

Lees hier die eerste hoofstuk van bekroonde skrywer Elsa Winckler se erotiese verhaal in Lyfskap.

Wednesday – 3rd March 2021

Smag jy na ’n garage pie? Probeer Armand Aucamp se suiwer, reiner pepersteak-potpasteitjies uit Armand Kook Kaal Volume 2

Voeg Armand se pepersteak-potpasteitjies uit Armand Kook Kaal Volume 2 tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

Tuesday – 2nd March 2021

Lus vir doughnuts? Bak dit self! Probeer Marlene Schoeman se smullekker resep vir basiese oliebolle

Kom, trek jou voorskoot aan en Bak dit self – probeer Marlene Schoeman se maklike resep vir basiese oliebolle.

Friday – 26th February 2021

Staal jouself – die storie ruk ’n mens aan die hart: Amanda Claassens resenseer ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen

Amanda Claassens het onlangs ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen op haar blog geresenseer. Lees die resensie.

Thursday – 25th February 2021

Marlie Coetzee skryf oor stereotipes in die werksplek in Welvaartskeppers deur Riaan Botha (Plus: Video)

Marlie Coetzee deel haar suksesverhaal in Welvaartskeppers deur Riaan Botha. Hier gee sy ’n voorsmaak van haar hoofstuk in die boek en sy gesels met die skrywer tydens die aanlynbekendstelling.

Wednesday – 24th February 2021

‘Dit is ’n vrede wat nooit vervaag nie’ – Sophia Kapp gesels met Naomi Meyer oor haar liefde vir skryf en haar jongste roman, Kanaän

Naomi Meyer het onlangs met Sophia Kapp gesels oor haar jongste roman, Kanaän, die sneller van die verhaal, en hoe die Covid-19 pandemie haar kreatiwiteit beïnvloed. 

Tuesday – 23rd February 2021

‘Dis byna supernatural, jy weet’: Lees ’n uittreksel uit Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof

Lees die eerste hoofstuk van François Bloemhof se nuwe spanningsverhaal, Die duiwel maak my hart so seer.

Dol heuning – SJ Naudé se tweede bundel kortverhale – ontstel, verras en bekoor

Die verhale in SJ Naudé se jongste bundel Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe. Ook in Engels beskikbaar as Mad Honey.

Monday – 22nd February 2021

Kom luister hoe gesels Anoeschka von Meck stoepstories in Stellenbosch oor haar jongste roman, Die heelal op my tong (18 Maart)

Anoeschka von Meck, skrywer van Die heelal op my tong, gesels op 18 Maart met Theo Kemp oor dié heerlike leeservaring. Moenie die geleentheid plus ’n driegang maal in Stellenbosch misloop nie!

Kom vier die bekendstelling van Malene Breytenbach se spanningsverhaal Skadumagte in Stellenbosch (11 Maart)

Kom sit aan by ’n driegang-maal en luister wanneer LAPA-skrywer Malene Breytenbach met Louise Esterhuizen gesels oor haar roman, Skadumagte.

Tuesday – 16th February 2021

Armand kook alweer kaal in sy jongste resepteboek met 50 nuwe banting- en keto-vriendelike disse

Armand Kook Kaal Volume 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-vir-stap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Monday – 15th February 2021

Wen vier nuwe Romanzas – net betyds vir Valentynsdag! (15 Feb)

Laat die liefde blom hierdie Valentynsdag! Een gelukkige leser kan wegstap met al vier Romanzas wat in Februarie verskyn het.

Friday – 12th February 2021

Historiese fiksie gebaseer op die Groot Trek: Diep spoor deur Jeanette Stals is nou beskikbaar by alle boekwinkels!

Diep spoor deur Jeanette Stals het verlede jaar as e-boek by Penguin Random House SA verskyn. En nou kan lesers haar jongste historiese roman in papiervorm ook geniet! 

Kies jou perfekte pasmaat die Valentynsdag en wen ’n toe-oë afspraak met LAPA! (11-15 Feb)

Spanning, romanse, kook, ware misdaad – watter genre is jou perfekte pasmaat? Neem deel aan LAPA se Valentynsdagkompetisie op Facebook en wen!

Thursday – 11th February 2021

Die sesde boek in die Romanza Nostalgie-reeks is hier! Lees Tussen jazz en rock en Sonder bagasie deur Elsa Winckler

Die Romanza Nostalgie-reeks sluit af met twee verhale deur die bekroonde skrywer, Elsa Winckler. Kry al ses versamelbundels vandag nog!

Wednesday – 10th February 2021

‘Anna het dit nie sien kom nie’: Lees ’n uittreksel uit Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo (Plus: Lokprent)

Penguin Random House SA het ’n uittreksel gedeel uit Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo – die verhaal van die beeldskone digter Anna Neethling en die moord wat sy nie sien kom het nie. Lees die uittreksel en kyk na die lokprent.

Die liefde kook by LAPA! Hier is vier nuwe Romanzas om die maand van liefde mee af te skop

Nuut by LAPA Uitgewers in Februarie 2021: Vier nuwe Romanzas deur Salma Swanepoel, Elsa Winckler, Didi Potgieter en Marilé Cloete.