C

Lus vir doughnuts? Bak dit self! Probeer Marlene Schoeman se smullekker resep vir basiese oliebolle
 More about the book!

Koekbak en versiering is gewoonlik iets waarteen mense opsien, maar in Bak dit self wys Marlene Schoeman dat selfs die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie.

En wat dan van oliebolle – kan mens dit ook self maak? Natuurlik! Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Probeer Marlene se basiese oliebolle resep uit Bak dit self:

Lewer ongeveer 24

Bestanddele

  • 5 ml (1 t) suiker
  • 125 ml (1/2 k louwarm water
  • 10 g (3 t) droë gis
  • 830 ml (3 1/2 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) sout
  • 45 ml (3 e) suiker
  • 65 ml (4 e) margarien
  • 1 groot eier, geklits
  • 75 ml (5 e) louwarm melk

Metode

  1. Los die 5 ml suiker op in die louwarm water en strooi die gis bo-op die water. Plaas dit eenkant vir ongeveer 15 minute tot skuimering.
  2. Meng die meel, sout, en 45 ml suiker saam. Vryf die margarien in die meelmengsel in.
  3. Voeg die gismengsel, eier en louwarm melk by die meelmengsel en meng tot ’n sagte deeg. Knie die deeg vir ongeveer 10 minute tot glad.
  4. Strooi meel in ’n bak, plaas die deegbal bo-op en maak dit met kleefplastiek toe. Laat dit ongeveer 20 minute staan sodat dit kan rys.
  5. Knie die deeg plat en rol dit ongeveer 2 cm dik uit. Druk sirkels uit met ’n groot koekafdrukker en druk met ’n kleiner koekafdrukker ’n gat in die middel van elke sirkel.
  6. Plaas dit op ’n meelbestrooide oppervlak en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit vir 30 tot 40 minute rys tot dubbel die volume.
  7. Diepbraai die oliebolle in olie en plaas dit op kombuispapier sodat die meeste olie kan dreineer.
  8. Laat dit heeltemal afkoel voordat koninklike versiersel of ganache bo-oor gegiet word.

 

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags 50 feestelike koeke om baba te vier Afrikaans Bak dit self Book excerpts Book extracts Doughnuts LAPA LAPA Uitgewers Marlene Schoeman Recipes


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments