C

Dol heuning – SJ Naudé se tweede bundel kortverhale – ontstel, verras en bekoor
 More about the book!

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic sluk ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n poel vol gloeiende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.

Ook in Engels beskikbaar as Mad Honey.

Oor die outeur

SJ Naudé is in 1970 gebore. Hy studeer in Pretoria en voltooi meestersgrade aan Cambridge en Columbia Universiteit. Na jare as regspraktisyn in New York en Londen keer hy terug na Suid-Afrika vir ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Alfabet van die voëls is sy debuut.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Dol heuning Mad Honey New books New releases Penguin Random House SA SJ Naudé


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments