C

Armand kook alweer kaal in sy jongste resepteboek met 50 nuwe banting- en keto-vriendelike disse
 More about the book!

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand Aucamp se eerste kookboek, Armand kook kaal, was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek, Armand kook kaal Volume 2, stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal Volume 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-vir-stap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelk-panna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

Oor die outeur

Armand Aucamp is ’n A-lys-celeb in Suid-Afrika. Hy het die hoofrol in die fliek Ballade vir ’n Enkeling en in die supergewilde reeks Die Boekklub vertolk. Hy was ook die seremoniemeester by die Afrikaans is Groot-konserte. Armand is binnekort te sien in verskeie Afrikaanse flieks en TV-reekse. Hy het ook ’n enorme teenwoordigheid op sosiale media en het tienduisende volgelinge. Hy het reeds begin om sy kookboek op al dié platforms te bemark. Daar is reeds ’n yslike aanvraag vir die boek nog voordat dit op die mark is.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Armand Aucamp Armand Kook Kaal Volume 2 Banting Keto Kookboek LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments