C

Een minuut met SJ Naudé: Lees The Penguin Post vir ‘n eksklusiewe onderhoud met die Dol Heuning-outeur
 More about the book!

Die jongste uitgawe van The Penguin Post het pas geland! Slaan dit oop na bladsy 3 en lees ’n eksklusiewe onderhoud met SJ Naudé.

Die gesoute skrywer se jongste bundel verhale, Dol heuning, is nou beskikbaar by Penguin Random House SA.

Lees die onderhoud:

Q&A een minuut met … SJ Naudé

’n Taai, soet storie, met tye morsig maar deurentyd vars. Dit is Dol heuning, SJ Naudé se nuwe verhalebundel.

Jy het gedebuteer met korter verhale, daarna ’n roman. Nou is jy weer terug by die eerste vorm, waar dieselfde karakters soms op verskillende plekke opduik. Watter formaat verkies jy?

Ja, die korter vorm(s) – die uitwoed van energie oor ’n korter span – pas my beter. Hoe afgesaag dat daar kwansuis net kortverhale en romans, en dalk novelles, bestaan. Sou ’n sekere soort kortverhaal nie dalk langer kan wees as ’n sekere soort roman nie?

Dol heuning is ook in Engels beskikbaar as Mad Honey.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Dol heuning Interviews Penguin Random House SA SJ Naudé The Penguin Post


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments