C

Marlie Coetzee skryf oor stereotipes in die werksplek in Welvaartskeppers deur Riaan Botha (Plus: Video)
 More about the book!

Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae?

Dit is die groot vraag wat Riaan Botha ondersoek in Welvaartskeppers.

Die boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer.

Een van die bydraers tot die boek is Marlie Coetzee, die uitvoerende direkteur vir VivA wat onlangs haar Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) by die Noordwes-Universiteit verwerf het.

Só skryf sy oor haar hoofstuk op Instagram:

Dis die begin van ’n nuwe maand, Januaaaaarie is verby en dit beteken ons almal het weer ’n geldjie. Belê gerus in ’n kopie van die welvaartskeppingsboek van Dr Riaan Botha. Hierdie boek word uitgegee deur @lapa_uitgewers en is ook aanlyn te koop by @graffitiboeke.

Ek het ook die groot voorreg gehad om ’n hoofstuk in die boek te skryf. Ek vertel ’n staaltjie vanuit my eie lewe wat my gemotiveer het om ’n MBA-graad by die @my_nwu te voltooi. Dit gaan oor die verskillende stereotipes wat vrouens, en veral jong vrouens, in die werksplek ervaar. Glo jy nie dat dit nou nog met vrouens gebeur nie? Gesels dan maar met enige vrou in die werksplek en sy sal my standpunt kan beaam.

Ek skryf ook oor stereotipes en vooropgestelde idees in die werksplek wat kan lei tot (onnodige) moeilike werksomstandighede. Ek voel dat ek en enige ander jong vrou in die werksplek ’n verantwoordelikheid het om aanvoorwerk te doen vir toekomstige jong vrouens wat die werksplek gaan betree.

Marlie het ook in Desember met Riaan by die aanlynbekendstelling van Welvaartskeppers.

Kyk na die video:

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Instagram LAPA LAPA Uitgewers Marlie Coetzee Riaan Botha Video Welvaartskeppers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments