C

Historiese fiksie gebaseer op die Groot Trek: Diep spoor deur Jeanette Stals is nou beskikbaar by alle boekwinkels!
 More about the book!

Diep spoor deur Jeanette Stals het verlede jaar as e-boek by Penguin Random House SA verskyn. En nou kan lesers haar jongste historiese roman in papiervorm ook geniet!

Oor die boek

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.

Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.

Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.

Oor die outeur

Ná twee ligter romans, Verlief, Verloof, Verdwyn en Om die Berg te klim onder die skuilnaam Cornelia Lemmer verras Jeanette Stals met Katoog, haar eerste speurroman, waarin die hoofkarakters meer as ’n moord moet hanteer omdat hulle ook as mense by hierdie sameloop van omstandighede betrokke is. Nou is sy terug met ’n historiese roman, Diep spoor.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Diep spoor Jeanette Stals New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments