C

[Video] ‘Moet jy ’n passie hê om welvaart te skep?’ Kyk na die eerste episode van Welvaartskeppers op kykNET, kanaal 144!
 More about the book!

Kan mens werklik nog jou eie welvaart skep? Dit is die groot vraag wat broers PJ en Geo Botha ondersoek in die finansiële televisiereeks, Welvaartskeppers, wat elke Donderdag om 17:30 uitsaai op kykNET (DStv-kanaal 144).

Die reeks is gebaseer op die boek Welvaartskeppers deur hul pa, Riaan Botha, wat in 2020 by LAPA Uitgewers verskyn het. Die boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer.

In die eerste episode vra PJ en Geo: ‘Moet jy ’n passie hê om welvaart te skep?’ Geo glo dat passie die enigste manier is om suksesvol te wees, terwyl PJ dink passie alleen is nie genoeg om die rekeninge te betaal nie. ‘Volg eerder dit waarin jy goed is, en die passie sal later kom,’ sê hy.

Met watter broer stem jy saam?

Kyk na die video om albei kante te hoor:

Lees ook:

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Geo Botha kykNET LAPA LAPA Uitgewers PJ Botha Riaan Botha Video Welvaartskeppers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments