C

Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs? Vind uit in Riaan Botha se jongste boek Welvaartskeppers
 More about the book!

Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae?

Die skrywer, ’n onafhanklike finansiële adviseur, het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan die hand werk. Hierdie boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer.

Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep. Dit sal jou help om ’n kopskuif te maak en moontlikhede in ’n bitter moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook help om hierdie strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.

Oor die outeur

Riaan Botha het betreklik laat in sy loopbaan die suksesvolle Pretoriase familiebesigheid Bovest gestig. Hy verwerf ’n D.Phil graad in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat en was ook betrokke by die grondwetlike onderhandelingsproses van die vroeë 90’s. Sy twee seuns, PJ en Geo, ook by Bovest werksaam, deel ook hulle insigte.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Riaan Botha Strategiee wat jou lewe kan verander Welvaartskeppers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments