C

Kom hou ’n Girls Night met Leandie du Randt en Irene-Louise van Wyk in Pretoriaaaa (Leandie-fans sal verstaan) (11 Feb)
 More about the book!

Watookal jou planne is vir die Vrydag voor Valentynsdag – kanselleer dit! Kom geniet eerder ’n heerlike aand saam met Leandie du Randt by die AfriForum Teater in Pretoria.

Sy gesels oor haar tweede boek, Leandie du Randt: My Hacks vir die Lewe, terwyl Irene-Louise van Wyk tussendeur die gehoor vermaak met haar gunsteling treffers!

Só beskryf Leandie haar jongste boek:

‘My boek bevat al my rituele vir my liggaam, mind, siel en werk, en die lewensrituele wat ek al in my 33 jaar op aarde na die dood van my Ma en ’n egskeiding uitgefigure het.’

Slegs 250 kaartjies beskikbaar. Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Vrydag 11 Februarie 2022
Tyd: 19:00
Plek: AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, hoek van Thomas Edison en 13de straat Menlopark, Pretoria
Koste: R200 per kaartjie
Koop kaartjies: Dapper Media
Facebook-uitnodiging

Covid-19 regulasies sal in plek wees, so onthou asseblief jou masker!

Lees verder:

Ook in Engels beskikbaar as Leandie du Randt: My Life Hacks.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Events Irene-Louise van Wyk Leandie du Randt: My Hacks vir die Lewe Leandie du Randt: My Life Hacks Penguin Random House SA Pretoria


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments