C

Sien jou drome: Leandie du Randt deel een van haar Hacks vir die Lewe – ’n vision board – in The Penguin Post
 More about the book!

Leandie du Randt deel ’n voorbeeld van ’n afmerklysie wat mooi wys wat jy als kort om jou vision board te maak en wat dit moontlik behels.

Wat op dees aarde is ’n vision board? Presies wat dit sê: Dit is ’n bord met al jou visions vir jou lewe daarop. Dit moet die één plek wees wat al jou grootste drome en ideale vir jouself en jou lewe bevat. Jy moet daarna kyk en jouself kan indink in al daai dinge en gevoelens en dit moet jou gelukkig laat voel as jy daarna kyk of dit deurlees.

Die doel van ’n vision board is om jou daagliks te herinner om te visualiseer wat jy soek sodat dit konstant in jou gedagtes en hart bly en jy dit na jou toe kan aantrek, maar ook dat jy jouself verantwoordelik kan hou vir waarnatoe jy werk. Hoe meer jy iets sien en daaroor praat en dit voel, hoe meer trek jy dit na jou toe aan.

Dit is hoekom ek my vision board op my foon se skerm stoor omdat ek daagliks so baie aan my foon vat. Gooi vir jouself ’n glas wyn (Steri Stumpies vir dié onder 18) en maak ’n prettige twee uur hiervan.

Ek het dit altyd eers fisies met my hande op ’n houtbord gemaak met prentjies en foto’s wat ek gedruk het of in ’n tydskrif of op Pinterest gekry het. Ook het ek dit afgeneem en kleiner gemaak om dit as wallpaper op my foon te stoor. Dan sit ek die fisiese vision board iewers waar ek dit kan sien soos in my kas of bo my spieël of so. Soms skryf ek dit sommer net neer as ’n lysie in my notas op my foon; hang af hoe ek voel en in watter fase van my lewe ek is.

Jy kan ook net die foto’s pin op Pinterest en dit save as ’n Secret Board en dit Vision Board 2021 noem. Dan kan jy een keer ’n dag na die board kyk en daaroor droom soos jy na die prentjies kyk.

’n Mens is so goed met jou brein en jou verbeelding – ons gebruik dit gereeld.

Die doel met die vision board is om regtig soveel jy kan daarna te kyk en soos jy dit sien in jou hart te sê ‘Dankie, dankie, dankie, Here’, asof Hy dit reeds ’n realiteit gemaak het. ’n Mens is so goed met jou brein en jou verbeelding – ons gebruik dit gereeld.

Ek weet hoe baie ons daagliks goed sê soos: ‘My man gaan my seker weer op 50 verneuk,’ of ‘My seun gaan seker weer nie gekies word vir die rugbyspan nie’. Dan gebeur dit en ons sê: ‘Sien jy, ek het vir jou gesê dit gaan gebeur’!

Maar natuurlik gaan dit gebeur – jy spreek dit dan uit en visualiseer dit elke dag. En waaroor jy die heeltyd onbewustelik dink en praat, begin jy na jouself aantrek en oor jou geliefdes uitspreek. As jy dit herhaaldelik uitspreek, begin ’n mens later so op te tree en begin jy goed te doen wat byvoorbeeld kan veroorsaak dat jou man daaraan begin dink om jou te verkul. Ons besef nie ons sê dit nie want ons dink nie meer oor wat ons dink en sê nie – ons mense moet wakker word en leer om present te wees. As sulke slegte goed kan waar word, stel jou voor wat kan gebeur as jy net ’n bietjie positief begin praat en dink. Onthou, ons het ’n vrye wil, so ons kan kies wat ons dink en uitspreek – ‘wat jy saai sal jy maai’.

HOE MOET JOU VISION BOARD LYK:

  • Jou vision board moet verskillende areas van jou lewe bevat: persoonlik, werk, gesondheid, finansies, reis, materiële dinge, skool, ensovoorts. Alles wat vir jou lewe geld.
  • Spesifieke doelwitte vir die volgende jaar.
  • Groter, minder spesifieke, langtermyndrome.
  • Foto’s en prentjies van al die doelwitte en drome wat jou opgewonde maak en jou laat voel dit is wat jy in jou lewe wil inbring en beleef.

***

Die artikel was oorspronklik in The Penguin Post gepubliseer, ’n tydskrif van Penguin Random House South Africa.

Categories Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags How to make a vision board Leandie du Randt Leandie du Randt: My Hacks vir die Lewe Leandie du Randt: My Life Hacks Penguin Random House SA The Penguin Post


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments