C

Kom brekfis saam met die skrywers van Kook saam Kaaps, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, by #OnseFees in die Paarl (7 Des)
 More about the book!

Kook saam Kaaps

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) nooi jou om te kom brêkfis saam met Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker by #OnseFees op 7 Desember 2019.

Heinrich Koen sal disse voorberei uit Koelsoem en Flori se gewilde resepteboek, Kook saam Kaaps. Die opbrengs sal bydra tot ’n studiebeurs vir ’n aspirantsjef vanuit die Drakenstein-gemeenskap.

#OnseFees vind van 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl plaas.

Besonderhede

Datum: Saterdag 7 Desember 2019
Tyd: 10:00
Plek: Taalmonument, Paarl
Koop jou kaartjies by Computicket

Kom brekfis saam met Koelsom en Florie op 7 Desember by die Afrikaanse Taalmonument as deel van die #OnseFees. Heinrich…

Posted by ATKV on Monday, November 11, 2019

 

Oor die boek

Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding.

Kook saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg.

Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel.

Categories Afrikaans Cookery Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags #OnseFees Afrikaans ATKV Book events Events Flori Schrikker Koelsoem Kamalie Kook saam Kaaps LAPA LAPA Uitgewers Paarl Resepte RSG Taalmonument


2 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments