Lus vir koek? Bak dit self! Probeer Marlene Schoeman se resep vir Vanieljestroopkoek met roomkaasvulsel
More about the book!
In Bak dit self: 50 feestelike koeke om baba te vier wys Marlene Schoeman dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie.
Probeer gerus haar resep vir Vanieljestroopkoek met roomkaasvulsel – perfek vir baba se doop.
~~~
DOOP
VANIELJESTROOPKOEK MET ROOMKAASVULSEL
4 Lae vanieljekoek, 20 cm in deursnee (bl. 17)
1 x Vanieljestroop (bl. 26)
1 x Roomkaasvulsel (bl. 24)
2 tot 3 pakkies Smarties
1 x Koninklike versiersel (bl. 25)
ANDER BENODIGHEDE
Goue 25 cm-koekbord
4 Blomme van plastiese versiersel of plastiek
VOORBEREIDING
Bak die koek.
Maak die vanieljestroop sodat dit kan afkoel.
Maak die roomkaasvulsel en die koninklike versiersel.
AANWYSINGS
Besprinkel al die koeklae deeglik met die vanieljestroop, veral om die rand omdat ’n skoon koek maklik uitdroog. Die koeklae word nie gehalveer nie.
Smeer ’n bietjie van die roomkaasvulsel in die middel van die koekbord om die koek in posisie te hou. Plaas die eerste koeklaag op die koekbord en smeer roomkaasvulsel oor. Strooi van die Smarties oor die vulsel. Plaas die volgende koeklaag bo-op en herhaal die proses.
Druk van die oorblywende Smarties om die rand tussen die koeklae in.
Skep die koninklike versiersel bo-op die koek en laat dit effens oor die rand loop (metode op bl. 25).
Plak van die Smarties met oorblywende koninklike versiersel op die koekbord vas en druk die res op die koek vas.
Druk die blomme in die middel van die koek in.
VARIASIE
Die Smarties kan met enige ander lekkers vervang word.
Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Bak dit self Book excerpts Book extracts LAPA LAPA Uitgewers Marlene Schoeman Recipes Resep Vanieljestroopkoek met roomkaasvulsel