Voorlesing

Bloemfonteiners, hier kom Antjie Krog! Moenie haar voorlesing uit Vetplantfeetjies en Plunder misloop nie (25 Nov)

Penguin Random House SA en Human & Rousseau nooi jou graag na nog ’n uitstekende voorlesing uit Vetplantfeetjies en Plunder deur Antjie Krog!

‘Dinky, waar’s Ma? / Ma’t gehardloop / na die vry / en die jonk’: Luister na ‘Naggesprek’ deur Lynthia Julius uit Mixtape van die liefde

Video: Lynthia Julius lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog.

Video: Kristel Loots lees ’n stukkie uit Blom in die hare (met ’n blom in haar hare)

Kristel Loots lees voor uit ’n ou gunsteling, Blom in die hare, wat in 2018 by LAPA verskyn het. Kyk gerus saam!

Video: Elsa Winckler lees ’n stukkie uit haar geestelike roman, Arendsvlerke vir Siebert

Verslawing, liefde en oorwinning: Kyk na Elsa Winckler se voorlesing uit haar geestelike roman, Arendsvlerke vir Siebert.

Video: Hoe lyk ’n hartseer likkewaan? Four Corners-akteur Brendon Daniels lees voor uit Swart Swaan deur Wilken Calitz

Die bekroonde akteur Brendon Daniels het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit Wilken Calitz se betowerende debuutroman, Swart Swaan. Kyk na die video.

Video: Fynskrif-aktrise Lea Vivier lees voor uit Wilken Calitz se debuutroman, Swart swaan

Fynskrif-aktrise Lea Vivier het onlangs ’n gedeelte uit Wilken Calitz se debuutroman Swart swaan voorgelees. Kyk na die video.

[Video] ‘H staan vir hel. Joune begin nou’: Leon van Nierop lees voor uit sy jongste sielkundige riller, Bloedsuier

Die gewilde skrywer, joernalis en akteur Leon van Nierop het ’n voorlesing gedoen uit sy jongste roman, Bloedsuier. Kyk na die video.

[Video] ‘As jy hierdie brief in jou hande hou, beteken dit ek het nie die oorlog oorleef nie’: Marita van der Vyver lees voor uit Grensgeval

Gewilde skrywer Marita van der Vyver het onlangs ’n gedeelte voorgelees uit haar nuutste roman, Grensgeval, wat ook in Engels verskyn het as Borderline.

Moenie aktrise Lea Vivier se Instagram-voorlesing uit Swart swaan deur Wilken Calitz misloop nie! (30 Mei)

Lea Vivier gaan op Saterdag, 30 Mei, om 10:00 die oggend ‘n uittreksel voorlees uit Wilken Calitz se debuutroman, Swart swaan. Die formidabele aktrise gaan die voorlesing op Instagram Live uitsaai.