C

Bloemfonteiners, hier kom Antjie Krog! Moenie haar voorlesing uit Vetplantfeetjies en Plunder misloop nie (25 Nov)
 More about the book!

Penguin Random House SA en Human & Rousseau nooi jou graag na nog ’n uitstekende voorlesing uit Vetplantfeetjies en Plunder deur Antjie Krog!

Oor Vetplantfeetjies

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld. Vetplantfeetjies is ’n versameling kinderryme en pragtige kunswerk oor inheemse vetplante wat ook feetjies is, in die styl van Fynbosfeetjies, die boek se suksesvolle voorganger. Antjie Krog en Ingrid de Kok het die verse geskryf, en Fiona Moodie het kunswerk in volkleur geskep. Soos in Fynbosfeetjies, kry die plantjies se wonderlike volksname lewe en word die wetenskaplike name ook aangedui in ’n boek wat gou ’n klassieke werk sal raak.

Kom luister saam!

Besonderhede

Datum: Donderdag 24 November 2022
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), hoek van President Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein
RSVP: events@exclusivebooks.co.za
Facebook-uitnodiging

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Antjie Krog Book events Book launches Human en Rousseau Penguin Random House SA Plunder Vetplantfeetjies Voorlesing


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments