C

Moenie aktrise Lea Vivier se Instagram-voorlesing uit Swart swaan deur Wilken Calitz misloop nie! (30 Mei)
 More about the book!

Lea Vivier gaan op Saterdag, 30 Mei, om 10:00 die oggend ‘n uittreksel voorlees uit Wilken Calitz se debuutroman, Swart swaan. Die formidabele aktrise gaan die voorlesing op Instagram Live uitsaai.

Lea is bekend vir haar rolle in onder meer FynskrifDie spreeus en Wonderlus. Kom kyk saam hoe sy Swart swaan vertolk!

Besonderhede

Datum: Saterdag, 30 Mei 2020
Tyd: 10:00
Instagram-voorlesing

Oor die boek

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir die gedierte ’n blyplek te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom in staat sal stel om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

Swart swaan is as e-boek beskikbaar:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book Reading Instagram Lea Vivier Penguin Random House SA Swart swaan Virtual book events Voorlesing Wilken Calitz


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments