Afrikaans
Monday – 26th October 2020
Video: Jodi Picoult chats about her new novel, The Book of Two Ways, and says ‘Baie dankie’ to her Afrikaans readers (Plus: Book trailer)
Jodi Picoult’s latest novel, The Book of Two Ways, was published in South Africa this month in both English and Afrikaans. In this video, the author chats about her new novel and thanks her Afrikaans readers.
Friday – 23rd October 2020
Vanaand om 8! Kom verbeel jou jy is Amper Frans saam met Louis Jansen van Vuuren en Riana Scheepers (23 Okt)
Moenie vanaand se fees misloop nie! Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Amper Frans deur kunstenaar Louis Jansen van Vuuren.
Graffiti-aanlynkuier: Kom luister hoe gesels Chanette Paul met Susan Booyens oor haar roman, Droomvanger (27 Okt)
LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die aanlynbekendstelling van Droomvanger deur Chanette Paul. Kom kuier saam!
Harry Kalmer, Chanette Paul en Dina Botha word vereer by die ATKV-Woordveertjies 2020
Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is pas bekendgemaak! Chanette Paul, Dina Botha en die ontslape Harry Kalmer word vereer met ATKV-Woordveertjies vir 2020.
Thursday – 22nd October 2020
Om te emigreer of nie? Bouwer Bosch, Nathan Trantraal en ander meningsvormers takel die vraag in Moet ons waai?
In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Bouwer Bosch, Nathan Trantraal, Marita van der Vyver en Jonathan Jansen, die vraag – moet Suid-Afrikaners die land verlaat?
Wednesday – 21st October 2020
Lees ’n uittreksel uit Die dooies praat nie, die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks
In Die dooies praat nie, die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks, bevind Thys homself met ’n belangrike dokument wat hy vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet moet aflewer. Lees ’n uittreksel.
Tuesday – 20th October 2020
Die geheim van ’n goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg … Die goeie suster deur Henda Olivier is nou beskikbaar
Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou. Henda Olivier se debuutroman, Die goeie suster, is nou beskikbaar.
Friday – 16th October 2020
‘Die glas onthou immers die vuur / Nie die water nie’ – Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen is nou beskikbaar!
Die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel, Die gladde stiltes in glas, is nou beskikbaar by Protea Boekhuis.
Thursday – 15th October 2020
NUUT: Gisterwinter – Susanne Pike
AS JY ASEMHAAL, HÉT JY MOS ’N GISTER.
Sonder jou gister kan jy nie jou unieke vandag wees nie.
Elke gister het ook immers sy eie winter.
’n Moet vir Frankofiele! Amper Frans: ’n Lewe van fanfare en faux pas is nou beskikbaar in Afrikaans en Engels
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het.
Wednesday – 14th October 2020
NUUT: Verdiende wraak – Malene Breytenbach
Deel I:
Die boere word verslaan en die oorlog bring verwoesting. Joiners en hensoppers, genoem Judasboere, verraai die bittereinders en loop oor na die Engelse.
Hoe lank na ’n geliefde se dood mag mens weer begin leef? Vind uit in Om weer te droom deur Elsa Winckler
Nagmerries word soms mooi drome … Om weer te droom deur Elsa Winckler is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
Wen 1 van 3 kopieë van Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck, skrywer van Vaselinetjie (31 Okt)
Anoeschka von Meck se jongste roman, Die heelal op my tong, het pas op die rakke verskyn en nou kan drie gelukkige lesers elk ‘n kopie daarvan wen.
Tuesday – 13th October 2020
NUUT: Swartslang – Thomas Deacon
Die lewe spoeg vir Bohato bitterwater. Vir hom, wat met die vlies om sy kop gebore word, geskied daar nie geregtigheid nie.
Droomvanger deur Chanette Paul: ’n Angswekkende roman wat jou tone sal laat krul van vrees
Nuut by LAPA: Droomvanger deur Chanette Paul, ‘n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het.
Ontvoerings, partytjies, en ’n seksles in Hong Kong – Anoeschka von Meck is terug met Die heelal op my tong
Anoeschka von Meck, skrywer van die wegholsukses Vaselinetjie waarvan daar ook ’n rolprentweergawe is, se jongste roman Die heelal op my tong is nou beskikbaar!
Die Boek van Twee Weë (The Book of Two Ways) deur Jodi Picoult is nou in Afrikaans beskikbaar!
Afrikaanse aanhangers van Jodi Picoult kan nou uitsien na Die Boek van Twee Weë, die vertaling van haar jongste roman The Book of Two Ways wat in September vanjaar wêreldwyd verskyn het!
Monday – 12th October 2020
Lees weer Sy fosforvrou en Blou diamant vir ’n ysprinses in Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster
Romanza Nostalgie: Lees twee van Rosita Oberholster se eerste Romanza-verhale, Sy fosforvrou en Blou diamant vir ’n ysprinses, in hierdie spesiale versamelstuk-uitgawe.
‘It’s pleasant to pretend that men don’t rape children’ – Deon Wiggett uncovers a culture of complicity in My Only Story: The Hunt for a Serial Paedophile
In November 2019, Deon Wiggett’s sensational weekly podcasts held South Africa in thrall as he hunted down the paedophile who raped him as a schoolboy. Now, in My Only Story, he completes his exposé of Willem Breytenbach, the once brilliant teacher and later media luminary who led a predatory life.
Thursday – 1st October 2020
Book excerpt: Bouwer Bosch shares his secrets to success in Conversations with Influencers by Elma Smit
In this excerpt from Conversations with Influencers by Elma Smit, Bouwer Bosch talks about how he became an influencer, his vulnerability in the public eye, his divorce from actor Leandie du Randt and the advice he would give to his 16-year-old self.