C

Om te emigreer of nie? Bouwer Bosch, Nathan Trantraal en ander meningsvormers takel die vraag in Moet ons waai?
 More about the book!

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die nuwe Suid-Afrika in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek op soek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.

Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, ‘Moet ek waai?’

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Oor die outeur

Alet Law is die nuusbrief- en leserbetrokkenheidsredakteur by News24 en voormalige meningsredakteur. Sy het ‘n PhD in politieke kommunikasie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Also available in English

In Should we go? more than 20 of South Africa’s foremost thought leaders such as Jonathan Jansen, Mandy Wiener, Phumzile van Damme, Ferial Haffajee, Mandy Wiener, Khaya Sithole, Ralph Mathekga and Mamphela Ramphele grapple with this question.

It is an attempt to find some answers that will give insight to and challenge every person who is thinking of leaving, has already left, or has decided to stay so that they may thrive as South Africans wherever they are.

 

 

 

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Alet Law Bouwer Bosch Emigrasie Ferial Haffajee Jonathan Jansen Khaya Sithole LAPA LAPA Uitgewers Mamphela Ramphele Mandy Wiener Marita van der Vyver Moet ons waai? Nathan Trantraal New books New releases Phumzile van Damme Ralph Mathekga


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments