C

Droomvanger deur Chanette Paul: ’n Angswekkende roman wat jou tone sal laat krul van vrees
 More about the book!

Nuut by LAPA: Droomvanger deur Chanette Paul, ’n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het.

Oor die boek

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem …

Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie.

Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ’n moord.

Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker … as sy oorleef.

‘Al die elemente vir ’n lekker lees, en boonop is daar genoeg misterie en angswekkende gebeure om jou tone te laat krul van vrees.’ – Wilna Adriaanse

Oor die outeur

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Chanette Paul Droomvanger LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Wip van die droomvanger


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments