C

Lees weer Sy fosforvrou en Blou diamant vir ’n ysprinses in Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster
 More about the book!

Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.

Sy fosforvrou

Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer …

Blou diamant vir ’n ysprinses

Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig …

Meer oor die Romanza-Nostalgie reeks:

Romanza Nostalgie is ’n terugblik na die eerste titels van ons gewilde Romanza-skrywers – daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het.

Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholster, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens. Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Blou diamant vir 'n ysprinses LAPA LAPA Uitgewers New releases Romanza Romanza Nostalgie Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster Rosita Oberholster Sy fosforvrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments