C

NUUT: Gisterwinter – Susanne Pike
 More about the book!

AS JY ASEMHAAL, HÉT JY MOS ’N GISTER.

Sonder jou gister kan jy nie jou unieke vandag wees nie.

Elke gister het ook immers sy eie winter.

Ervaringe, belewenisse en geheimenisse, wat soos winter, jou tot standbeeld vries om te besin oor jou menswees en hoekom jy op hierdie aarde is.

Amper soos ’n vlinder wat terugvlug na die fases van sy metamorfose, net om seker te maak dat hy regtig Lepidoptera is.

Gisterwinter is ’n bundel verse waarin die spreker die soms pynlike introspeksie van kind- en grootmenswees blatant eerlik, anders-kreatief en woordekonomies weergee.

Die verse is gestroop van oordrewe sentiment, maar sonder om die nodige sensitiwiteit rondom sake soos mishandeling, egskeiding en lewensverlies prys te gee.

’n Aantal liefdesverse in die bundel sinspeel ook slim op die bestaansreg van Lente wat wag na die swartryp op mislukte verhoudings.

Jong adolessente sowel as ouer generasies sal eenparig aanklank vind by hierdie bundel.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Gisterwinter Minimal Press New books New releases Susanne Pike


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments