Afrikaans

Thursday – 20th January 2022

Nuwe jaar, nuwe Romanzas! Word meegevoer deur Paradiso, Meer as blomme, Maanengel en Veilige tuiskoms by jou

Nuut by LAPA in Januarie 2022 – vier nuwe liefdesromans deur Elize Davies, Ildé Grové, Wilreza Smit-Theron en Magda Schmidt om die nuwejaar mee af te skop!

Wednesday – 19th January 2022

Voed jou siel en skep feesmaal-herinneringe met Kosbaar deur Elmarie Berry – nou beskikbaar!

Kosbaar is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ‘n bekende kosblogskrywer is.

Tuesday – 18th January 2022

Leer hoe om verhoudings te kweek en te koester in Leef in volkleur deur Johan Smith

Johan Smith delf diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings in sy jongste boek, Leef in volkleur.

Monday – 17th January 2022

Klankgrens deur Maretha Maartens en Magda Slabbert: ’n Oorlogsverhaal uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek.

Friday – 14th January 2022

Net betyds vir die nuwe skooljaar! 1-2-3 Groei met spel deur Nadia Viljoen is nou beskikbaar

Sukkel jou kind om te speel en te leer? Motoriese terapeut Nadia Viljoen deel 123 speletjies wat jou kind se begrip kan prikkel en so help met redenerings- en syfervaardighede.

Wednesday – 22nd December 2021

Festive wishlist 2021: Five magical children’s books that make the perfect gifts

Give your child the gift of reading this Christmas. Here are five of the most inspirational, magical and powerful local children’s books of 2021:

Celebrate food this festive season with 5 creative local cookbooks (Plus: Free recipes!)

Spending a lot more time in the kitchen these days? Join the club! Here are five cookbooks you must add to your collection this year. Plus, they make great gifts for aspirant chefs!

Monday – 20th December 2021

‘Petrusburg was Jimi se rugbyhemel’: Lees ’n uittreksel uit Maretha Maartens se bekroonde jeugroman, Bethel se berg

Op soek na die perfekte geskenk vir jou tiener se Kerskous? Lees ’n uittreksel uit Bethel se berg deur Maretha Maartens – naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie 2020.

New year, new you? Order a signed copy of Leandie du Randt: My Life Hacks to make 2022 your best year ever

Do you want to become the best version of yourself in 2022? Leandie du Randt’s new book is here to help!

Friday – 17th December 2021

Moord is op die spyskaart … Lees ’n uittreksel uit Gifbeker deur Irna van Zyl

Wat is beter as ’n boek vir Kersfees? ’n Reeks! Lees nou al vier uittreksels uit Irna van Zyl se Storm van der Merwe-reeks: Moordvis (2016), Gifbeker (2018), Bloedsteen (2020) en Op ’n mooi dag (2021):

Ina Bonnette: Nie ’n ‘slagoffer van die Modimolle Monster’ nie, maar ‘oorwinnaar oor die Modimolle Monster’

Hoe het Ina Bonnette dit reggekry om, ten spyte van alles wat die Modimolle Monster en sy handlangers aan haar gedoen het, te oorleef en vandag voluit te leef? Vind uit in INA, ’n Verhaal van genade en genesing.

Wednesday – 15th December 2021

‘Jy is die oorsaak,’ moes ek hoor. Haar depressie is my skuld: Lees ’n uittreksel uit Verhale van hoop deur Pieter van Zyl

In Verhale van hoop gesels Pieter van Zyl met mense van verskillende agtergronde oor wat dit behels om die pad van ’n psigiese versteuring met ’n geliefde te loop.

Monday – 13th December 2021

’n Lyk in die swembad onderbreek ’n stomende swemsessie – lees Hoofstuk 1 van Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen!

LAPA Uitgewers het ’n uittreksel gedeel uit die finale roman in Jan Vermeulen se Olaf Demeyer-reeks, Spieëltjie, spieëltjie.

Friday – 10th December 2021

Herman Lensing Huiskos

So maak jy overbeterlike Noord-Kaapse vyekonfyt! Kry nou jou gratis resep uit Huiskos deur Herman Lensing

Weet jy wat maak ’n goeie Kersgeskenk? Tuisgemaakte konfyt! Probeer Herman Lensing se resep vir Noord-Kaapse vyekonfyt uit sy jongste kookboek, Huiskos.

Monday – 6th December 2021

Wat is beter – ’n Man in my Kerskous of ’n lekker boek? Vier feestelike Romanzas is nou beskikbaar!

Nuut by LAPA (en net betyds vir onder die Kersboom) – vier nuwe liefdesromans deur Dina Botha, Elsa Winckler, Madelie Human en Marilé Cloete!

Friday – 3rd December 2021

Hierdie somer, Vat die regte pad – Jesus s’n: Nou beskikbaar by LUCA, geskryf deur Stephan Joubert!

Voel jy skuldig omdat jou pad met Jesus anders lyk as ander mense s’n? Kom tot ander insae in Stephan Joubert se jongste boek, Vat die regte pad – Jesus s’n.

Thursday – 2nd December 2021

[Uittreksel] Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof: ‘Ek draai die knop en die deur swaai oop. Krakend’

Lees ’n gedeelte uit Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof – ’n magiese-realistiese roman waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg.

Wednesday – 1st December 2021

Wat is ’n huis sonder ’n hond? Laai Herman Lensing se Tuisgebakte hondekoekies-resep af uit Huiskos!

Uiteindelik! ’n Kookboek wat jou hondekinders in ag neem. Bederf jou beste vriend met Herman Lensing se maklike resep vir Tuisgebakte hondekoekies uit sy nuutste kookboek, Huiskos.

Tuesday – 30th November 2021

Graffiti-aanlynkuier: Moenie die bekendstelling van Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen mis nie! (2 Des)

Penguin Random House SA en Graffiti Boeke nooi jou na die virtuele bekendstelling van Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen. Plus, staan ’n kans om ’n kopie van die boek te wen!

Monday – 29th November 2021

Swart Vrydag LAPA

Swart Vrydag is nog lank nie verby nie! Kry tot 75% afslag op geselekteerde boeke by LAPA (26 Nov–3 Des)

LAPA Uitgewers se Swart Vrydag Boekverkoping duur nog die hele week, so gou spring as jy jou gunsteling boeke teen ‘n groot afslag wil bekom!