C

Leer hoe om verhoudings te kweek en te koester in Leef in volkleur deur Johan Smith
 More about the book!

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy ’n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings. God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel.

In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God ’n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak. Die skrywer wys vir ons hoe om sulke verhoudings te kweek en te koester, met God en met ander mense. Hierdie is ’n boek wat elkeen moet lees!

Oor die outeur

Johan Smith werk al vir meer as 30 jaar met jongmense, onderwysers, ouers en gesinne. Van sy meer as 30 boeke fokus veral op dié groepe. Hy tree landswyd op by kerke en skole. Sy boodskappe, praatjies en reekse fokus op ouerskap en die gesin, dissipelskap, depressie, uitbranding en geestelike groei. Hy het al by vele konferensies opgetree. Johan het ook al tientalle jeugkampe, jeugweke en praatjies vir jongmense by skole en kerke aangebied. Hy bied ook graag motiverings-, inspirasie- en bemagtigingspraatjies aan vir onderwysers by skole, asook geestelike leiers.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christian Non-fiction Colour Your Life With Relationships Johan Smith LAPA LAPA Uitgewers Leef in volkleur LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments