C

Klankgrens deur Maretha Maartens en Magda Slabbert: ’n Oorlogsverhaal uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly
 More about the book!

Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe

Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, ’n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem – het ’n man en beskermer, ’n mens wat ’n morele leier kon gewees het, van my gesteel. Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe.

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

Oor die outeurs

Maretha Maartens verwerf veral bekendheid met haar kinder- en jeugverhale en verower verskeie pryse in hierdie genre; onder meer: die M.E.R.-prys, die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur, die Credo-prys, die HAUM-De Jager-prys, en die J.P. van der Walt-prys. Benewens haar kinder- en jeugskryfwerk is sy ook bekend vir die groot aantal geestelike en didaktiese boeke wat sy tot dusver gepubliseer het.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Christian Fiction Klankgrens LAPA LAPA Uitgewers LUCA Magda Slabbert Maretha Maartens New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments