Die Groot Ontbyt

Video: ‘Daar was nog nooit ’n biografie oor Hans van Rensburg nie’ – Albert Blake gesels oor sy boek, Afrikaner-Sondebok?

Was Hans van Rensburg ’n verbete Afrikaner-fascis of ’n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings? Albert Blake vertel …

Video: ‘DIE SAKP was een van die mees Kremlin-getroue kommunistiese partye ter wêreld’ – Dr Leopold Scholtz

‘Die ANC se narratief oor sy eie verlede is dat hy was volmaak […] maar die volle waarheid is baie meer genuanseerd as dit.’ Só sê Dr Leopold Scholtz in ’n onderhoud oor sy jongste boek, Terreur en bevryding.

[Video] Tinus le Roux oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur: ‘Dit moet lyk asof dit met ’n kleurkamera geneem is’

‘Die belangrikheid om jou geskiedenis te bewaar en te koester en te laat leef is vir my na aan die hart’ – Tinus le Roux gesels oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur op Die Groot Ontbyt.

Video: Moet ons waai? Drie politieke kenners debateer die groot vraag op Die Groot Ontbyt

‘Moet ons waai?’ Dit was onlangs die groot vraag op Die Groot Ontbyt met Johrné van Huyssteen. Drie politieke kenners wat elkeen bygedra het tot Moet ons waai deur Alet Law het die kwessie van emigrasie bespreek.

[Video] ‘Wat word vernietig as ons die toekoms in gaan?’ Willem Krog gesels oor Alleen onder die maan

Skrywer Willem Krog was onlangs ‘n gas op Die Groot Ontbyt waar hy met Johrné van Huyssteen gesels het oor sy jongste roman, Alleen onder die maan.

[Video] ‘Suid-Afrikaners is passievolle lesers’: Jodi Picoult gesels oor Die belydenis en vertel hoekom sy so lief is vir Suid-Afrika

Die wêreldbekende skrywer Jodi Picoult het in Maart vanjaar by Die Groot Ontbyt aangesluit vir ‘n onderhoud oor haar eerste vertaalde boek in Afrikaans, Die belydenis.