Maak gereed vir ’n banting- en keto-avontuur in Armand kook kaal – die maer uitgawe deur Armand Aucamp
More about the book!
Armand Aucamp se banting- en keto-kookboek Armand kook kaal – die maer uitgawe wys jou hoe om smuldisse uit gesonde bestanddele te skep en te geniet sonder dat jou figuur daaronder ly – net betyds vir die feesseisoen.
‘Sonder twyfel een van die beste laekoolhidraatkookboeke ter wêreld. Armand verskuif grense!’ – Professor Tim Noakes
‘Om gesonde kos te kook kan soms vaal en vervelig wees, maar Armand maak dit heerlik en opwindend!’ – Herman Lensing, SARIE se kosredakteur
Oor die boek
Armand Aucamp is een van die aantreklikste mans in Suid-Afrika. Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel hy sy geheim met almal: hy eet heel, gestroopte kos as deel van die sogenaamde ‘banting’- of ‘keto’-leefstyl. Met ’n hoëvet-laekoolhidraat-dieet hou hy daardie Adonis-lyf in stand en maak sy bewonderaars mal.
Armand kook kaal met sy 100 resepte het van die rakke af gevlieg. Toe kies Armand sy 50 gunstelingresepte vir ’n lekker kompakte weergawe van die boek: Armand kook kaal – die maer uitgawe. Nes sy ouer, dikker boetie is hierdie boek propvol heerlike, oorspronklike resepte – van onthaalkos, vleisgeregte en ontbyt tot vinnige happies, drankies en lekkernye. Armand het elkeen self getoets en geproe! Stap vir stap en met pragfoto’s daarby wys hy jou hoe om smuldisse uit gesonde bestanddele te skep en te geniet sonder dat jou figuur daaronder ly.
Oor die outeur
Armand Aucamp is ’n A-lys-celeb in Suid-Afrika. Hy het die hoofrol in die fliek Ballade vir ’n Enkeling en in die supergewilde reeks Die Boekklub vertolk. Hy was ook die seremoniemeester by die Afrikaans is Groot-konserte. Armand is binnekort te sien in verskeie Afrikaanse flieks en TV-reekse. Hy het ook ’n enorme teenwoordigheid op sosiale media en het tienduisende volgelinge.
Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Armand Aucamp Armand kook kaal – die maer uitgawe Banting Cookbooks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases