C

Kry jou kind tjoeftjaf aan die lees met Toe ons in Ghrieshuis was deur Maretha Maartens (PLUS: Wen ’n kopie voor 31 Maart!)
 More about the book!

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly.

Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie.

Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.

Oor die outeur

Maretha Maartens verwerf veral bekendheid met haar kinder- en jeugverhale en verower verskeie pryse in hierdie genre; onder meer: die M.E.R.-prys, die Sanlamprys Goud vir Jeuglektuur, die Credo-prys, die HAUM-De Jager-prys, en die J.P. van der Walt-prys. Benewens haar kinder- en jeugskryfwerk is sy ook bekend vir die groot aantal geestelike en didaktiese boeke wat sy tot dusver gepubliseer het.

WEN jou eie kopie

Een gelukkige leser kan wegstap met Toe ons in Ghrieshuis was! Skryf in op LUCA se Facebook-blad voor 31 Maart 2022:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Jeugroman LAPA Uitgewers LUCA Maretha Maartens New books New releases Toe ons in Ghrieshuis was


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments