C

Gryp die tye aan wanneer jy wakker en helder voel: Bethel se berg-outeur Maretha Maartens gesels oor haar skryfroetine
 More about the book!

Aandag alle skrywers – moenie vergeet om aan LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2021 deel te neem nie. Indien jy vergeet het of nog nie daarvan gehoor het nie, hier is alles wat jy moet weet oor die gesogte kompetisie wat elke twee jaar uitstekende verhale oplewer.

Soek jy bietjie inspirasie? Lees verder …

Phyllis Green het onlangs met Maretha Maartens gesels oor Bethel se berg, verlede jaar se naaswenner. In hierdie aangrypende storie reis Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma deur die land in ʼn Kombi. Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is.

Maretha het aan Phyllis vertel dat sy al 150 boeke gepubliseer het. Lees die onderhoud om meer uit te vind van die skrywer se roetine en wat dit als behels om ʼn boek vir jongmense te skryf.

Lees die onderhoud:

Het jy ʼn skryfroetine?

Hoe ouer mens word, hoe meer taan jou kreatiewe energie aan die een of ander kant van die dag. Ek is ʼn vroegopstaner en my kreatiwiteit taan sonder uitsondering na 19:00. My skryfroetine was maar nog altyd om die tye aan te gryp wanneer ek wakker en helder voel, afgewikkel met noodsaaklike selas.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bethel se berg Interviews LAPA LAPA Uitgewers LAPA-jeugromankompetisie 2021 Maretha Maartens Phyllis Green Sarie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments