C

Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit (eintlik deur Nerine Ahlers) is nou beskikbaar by LAPA!
 More about the book!

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ’n belangrike onderhoud.

Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.

Hy besef hy het probleme. Groot probleme.

En daar begin die vreemdste dag van sy lewe…

Oor die outeur

Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is …

En nou is dit jou beurt!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2021 LAPA Jeugromankompetisie 2023 LAPA-Jeugromankompetisie Afrikaans Childrens books Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit Kinderboek LAPA LAPA Uitgewers Nerine Ahlers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments