C

Wil jy iets nuuts probeer? Laai nou jou gratis resep af vir Sjoechi-Beetblatjang uit Low Carb is Lekker Drie deur Inè Reynierse
 More about the book!

Hoe rooier, hoe mooier … en in dié geval, gesonder! Probeer gerus Inè Reynierse se slim-koolhidraat resep vir Sjoechi-Beetblatjang uit Low Carb is Lekker Drie.

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Hierdie blatjangresep is gegrond op ’n tradisionele Oekraïense beetgereg bekend as sjoechi. Omdat die blatjang so ’n sterk geur het, kan jy ver kom met ’n klein bietjie.

Sjoechi-Beetblatjang

Maak ongeveer 1½ koppie (1–2 eetlepels per porsie)

Bestanddele

  • 1 t vinkelsaad
  • 1 t swart komynsaad
  • 2 e olyfolie
  • 1 middelslag-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk of fyngekap
  • 2 k gerasperde rou beet
  • 1 t rissievlokkies, opsioneel
  • 2 e appelasyn
  • 3–4 e natuurlike versoeter
  • Sout na smaak

Metode 

  1. Plaas die vinkel- en komynsaad in ’n droë pan oor matige hitte en rooster dit sonder enige olie vir 1–2 minute tot dit geurig raak en begin plofgeluide maak.
  2. Voeg die olie, ui en knoffel by en braai tot sag.
  3. Voeg die gerasperde beet en rissievlokkies by, indien jy dit gebruik, en braai vir 2–3 minute.
  4. Roer die appelasyn, versoeter en sout na smaak by. Verlaag die hitte na lae tot matige hitte en laat prut die platjang vir 10–15 minute tot dit afgekook is.
  5. Laat afkoel en skep in ’n glasfles. Bêre in die yskas vir tot 2 weke.

OPDIENVOORSTELLE Skep oestersampioene gebraai in botter op ’n sny laekoolhidraat-brood en voeg ’n lepel blatjang by. Garneer met vars mikrokruie.

Probeer ook:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts Ine Reynierse Low Carb is Lekker Drie Penguin Random House SA Recipes Resepte Sjoechi-Beetblatjang


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments