C

Ideaal vir enigeen wat elke dag goeie kos op die tafel wil sit – Low Carb is Lekker Drie deur Inè Reynierse is nou beskikbaar!
 More about the book!

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie.

Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Oor die outeur

Inè Reynierse is ’n kinderboekskrywer, uitvoerende kunstenaar, stemakteur, kopieskrywer, iemand wat met idees rondspeel en ’n nuutgevonde kosfundi wat daarvan hou om idees op ’n vars manier uit te beeld. Haar projekte wissel van radiostories vir kinders op ’n nasionale radionetwerk tot korporatiewe advertensieveldtogte en alles en nog meer. Haar passie om gesondheid en welstand te herstel het haar aangespoor om Low Carb is Lekker te skryf.

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Ine Reynierse Low Carb is Lekker Drie Low-Carb Cooking New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments