C

‘Week 1: Kom ons wees bereidwillig’ – lees ’n uittreksel uit Gesinstyd met God deur Louise Viljoen!
 More about the book!

LUCA het onlangs ’n uittreksel gedeel uit Gesinstyd met God deur Louise Viljoen – ’n praktiese gids propvol geestelike aktiwiteite en wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak.

Week 1 gaan oor bereidwilligheid; hoe om God se uitnodiging te hoor en te aanvaar.

Lees die uittreksel:

~~~

Week 1: Kom ons wees bereidwillig

En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg (Matt. 4:18-20).

Toe Jesus die twee broers nooi om Hom te volg, het hulle onmiddellik sy uitnodiging aanvaar. Hulle was bereidwillig om sy dissipels te word. Hulle het dít waarmee hulle besig was laat staan, agter Hom aangegaan en met hulle eie ore die gelykenisse gehoor wat Hy vertel het en met hulle eie oë die wonderwerke gesien wat Hy gedoen het.

Hulle het Jesus goed leer ken. Toe Hy eendag vra wie hulle sê Hy is, het Simon Petrus geantwoord: ‘U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou’ (Matt. 16:16b-18a).

Dink net wat die dissipels alles sou mis as hulle nie bereidwillig was om Jesus te volg nie. Maar omdat hulle JA gesê het, kon hulle by Hom wees en Hom waarlik leer ken. God het aan Simon Petrus openbaar wie Jesus is. Hy kon daarom met volle sekerheid en oortuiging sê dat Jesus die Seun van God is. Dis op hierdie rotsvaste getuienis dat Jesus sy gemeente bou. Dié wat glo dat Jesus die Seun van God is, is óók kinders van God.

Gebed: Here, help ons asseblief om bereidwillig te wees. Amen.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekuittreksel Book excerpts Book extracts Gesinstyd met God LAPA LAPA Uitgewers Louise Viljoen LUCA Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments