Boekuittreksel

Lees ‘Skoeter’ deur Nanette van Rooyen en nog uittreksels uit Tyd is ’n b**ksem en ander belaglik lekker tekste deur Marieta Nel

Uittreksel uit Tyd is ’n b**ksem: ‘Dié Ronda-suster bel my skelm en dan skinder ons oor Ma totdat die hond kom kyk hoekom ek so histeries lag.’

‘Ek het gegroei in my straf in en dis hoe dit gebeur het’ Lees ’n uittreksel uit Praat jy! deur Thérèse Hulme

Uittreksel: ‘Wanneer jy vir leerders geleenthede skep om die outeurs van hul lewe te raak sal wonderwerke gebeur,’ skryf Thérèse Hulme in haar praktiese gids vir onnies, Praat jy!

Het jy al Murasie deur Chanette Paul in die hande gekry? Lees nou die eerste hoofstuk!

Na ’n Twittergeveg wat haar lewe bedreig vlug Georgie Rabie vanuit Kaapstad na Verlatenfontein … maar die plaas is alles behalwe veilig. Lees ’n uittreksel uit Murasie deur Chanette Paul!

‘Nanny murdered! Lord kidnapped?’ Lees die eerste hoofstuk uit ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe

LAPA Uitgewers het ’n opwindende uittreksel gedeel uit ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe.

‘Ek … ek het weggeloop. Ek het nêrens anders om te gaan nie’: Lees ’n uittreksel uit Toe als groen was deur An-Mari do Carmo

LAPA Uitgewers het ’n uittreksel gedeel uit Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – ’n aangrypende grootwordverhaal gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal.

‘Sy wil begin jag maak op die geweldenaar’: Lees die proloog en eerste hoofstuk uit Bloedbande deur Jeanette Stals

Wie het die De Winters so koelbloedig vermoor? Luna Joubert is op die spoor! Lees ’n uittreksel uit Bloedbande deur Jeanette Stals.

‘Dinky, waar’s Ma? / Ma’t gehardloop / na die vry / en die jonk’: Luister na ‘Naggesprek’ deur Lynthia Julius uit Mixtape van die liefde

Video: Lynthia Julius lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog.

‘Week 1: Kom ons wees bereidwillig’ – lees ’n uittreksel uit Gesinstyd met God deur Louise Viljoen!

‘Dink net wat die dissipels alles sou mis as hulle nie bereidwillig was om Jesus te volg nie,’ skryf Louise Viljoen in Gesinstyd met God.

Kyk! Bibi Slippers lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog

‘Ek’s die tipe vrou wat slegs met een hand aan die stuur vashou’ – Bibi Slippers, Mixtape van die liefde

‘Toe val die jong soldaat’: Lees ’n aangrypende uittreksel uit Tenk deur Pieter Stoffberg

Penguin Random House SA het ’n boeiende uittreksel gedeel uit Tenk deur Pieter Stoffberg – ’n klinkende stuk historiese fiksie wat lig werp op een van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola.

‘In Johannesburg is die kwarantyn nooit gelig nie’ – Lees ’n boeiende uittreksel uit Toekomsmens deur Isa Konrad

Lank nadat die res van die wêreld die resessie ná Covid-19 oorkom het, moes die volk opstaan en hul stede herbou. In Johannesburg is die kwarantyn nooit gelig nie. Lees ’n uittreksel uit Toekomsmens deur Isa Konrad.

‘Diep in sy binneste fladder iets kortstondig’: Lees ’n uittreksel uit Elsa Winckler se jongste liefdesverhaal, Ware noord

Lees ’n uittreksel uit Ware noord, Elsa Winckler se jongste liefdesroman. Evan weet met al sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na ’n mislukte verhouding, maar die noodlot het ander planne.

‘Voertsek, man! Jy verdraai die storie’: Lees ’n uittreksel uit Die heelal op my tong, Anoeschka von Meck se jongste roman

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Lees ’n uittreksel uit Anoeschka von Meck se jongste roman, Die heelal op my tong.

‘Die Vrystaatse winternag ruik na die dood en ’n belofte van ryp’: Lees ’n uittreksel uit My naam is Legio deur Madelein Rust

Sal forensiese sielkundige Renata Malan uiteindelik antwoorde vind? Het sy die moordgeen by haar pa geërf? Lees ’n uittreksel uit Madelein Rust se jongste roman, My naam is Legio.

‘Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan’: Lees ’n uittreksel uit Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis

LAPA Uitgewers het onlangs ’n uittreksel gedeel uit Hans du Plessis se jongste roman, Die opstand van Poppie Nel. In die uittreksel treur dominee Lukas nog oor die dood van sy vrou, Amanda, toe die arme Poppie Nel eendag in sy lewe verskyn.

‘Sy trek die kombers stywer om haar skouers.’ Lees ’n uittreksel uit Rosita Oberholster se superromanza, Wilde Jasmyn vir Steyn

Sit terug, skink ’n glas wyn of ’n koppie koffie, en smul aan hierdie uittreksel uit Rosita Oberholster se superromanza, Wilde Jasmyn vir Steyn.

‘Ek is nie okay nie. En dit is meer as okay.’ Lees ‘n uittreksel uit Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks

Lees ‘n uittreksel uit Erla-Mari Diedericks se eerlike en soms skreeusnaakse memoir, Seks, leuens en die internet.