C

Hoe dien ’n hedendaagse gesin God? Vind uit in Gesinstyd met God deur Louise Viljoen
 More about the book!

Hóé dien ’n hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding ’n fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer ’n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil?

Met hierdie boek wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos byvoorbeeld die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef.

Oor die outeur

Louise Viljoen is ’n skrywer, resensent en joernalis wat deesdae voltyds skryf wanneer sy nie betrokke is by redaksionele werk vir verskeie uitgewers nie.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Gesinstyd God deel Louise Viljoen LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments