C

11 feite oor Jan Vermeulen wat jy (dalk) nie geweet het nie (Plus: Kyk na ’n voorlesing uit Nagjagter!)
 More about the book!

LAPA Uitgewers vier vandeesmaand Jan Vermeulen! Spieëltjie, spieëltjie het onlangs die rakke getref en is die vierde boek in sy spannende sielkundige rillerreeks met Olaf Demeyer as polisieprofileerder. Olaf verskyn ook in Nagjagter, Ondier en Die vyfde Aspoester.

Jan is ’n voormalige predikant en ’n man wat die waarde van woorde ken. Hy debuteer in 1998 met ’n grensroman, Die laaste dans, en bevind homself terstond op die kortlys vir die Eugène Maraisprys. Hierna verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie, wat met die Sanlamprys (goud), die MER-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon is.

11 feite oor Jan Vermeulen wat jy (dalk) nie geweet het nie

Volle naam

Joachim Jan Hendrik Vermeulen

Het jy ‘n bynaam?

Geen, sovêr ek weet nie.

Wat is jou geboortedatum?

31 Julie 1960

Wat is jou sterreteken?

Leo

Het jy ‘n verborge talent?

Ek skilder (net vir my plesier) en doen soms buikspraak vertonings (by skole, in die kerk en by funksies).

Wie is jou gunstelingskrywer wat jy self graag lees?

Deon Meyer

Wat is jou gunstelingboek van alle tye?

Fiksie: Kobra deur Deon Meyer, Nie-fiksie: André P. Brink en die spel van die liefde deur Leon de Kock

Waarvoor is jy bang?

Spinnekoppe en bekgevegte.

Met watter outeur of fiktiewe karakter sou jy graag op ’n eiland vasgekeer wou wees?

André P. Brink, maar nou is dit nie meer moontlik nie.

Watter boek wens jy jy het geskryf?

Hooglied in die Bybel

Luister jy na musiek terwyl jy skryf?

Nee, ek verkies stilte om my, hoewel gewone huisgeluide my nie hinder nie.

***

Kyk na ‘n voorlesing uit Nagjagter:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts Interviews Jan Vermeulen LAPA LAPA Uitgewers Nagjagter Olaf Demeyer-reeks Spieëltjie spieëltjie Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments