Uittreksel

‘Dinky, waar’s Ma? / Ma’t gehardloop / na die vry / en die jonk’: Luister na ‘Naggesprek’ deur Lynthia Julius uit Mixtape van die liefde

Video: Lynthia Julius lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog.

‘Week 1: Kom ons wees bereidwillig’ – lees ’n uittreksel uit Gesinstyd met God deur Louise Viljoen!

‘Dink net wat die dissipels alles sou mis as hulle nie bereidwillig was om Jesus te volg nie,’ skryf Louise Viljoen in Gesinstyd met God.

Kyk! Bibi Slippers lees een van haar gedigte voor uit Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog

‘Ek’s die tipe vrou wat slegs met een hand aan die stuur vashou’ – Bibi Slippers, Mixtape van die liefde

‘Toe val die jong soldaat’: Lees ’n aangrypende uittreksel uit Tenk deur Pieter Stoffberg

Penguin Random House SA het ’n boeiende uittreksel gedeel uit Tenk deur Pieter Stoffberg – ’n klinkende stuk historiese fiksie wat lig werp op een van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola.

‘Kophou, Luna’: Lees ’n kort en kragtige uittreksel uit Bloedbande deur Jeanette Stals!

Die vierde boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks, Bloedbande, het onlangs die rakke getref! LAPA Uitgewers deel ’n uittreksel.

‘Sy moes na Oupa geluister het’: Lees ’n uittreksel uit Die geheim van Mussolini se kaart deur Constant van der Merwe

Uittreksel: Die ontdekking van ’n ou kaart in haar Italiaanse oupa se solder laat alle hel losbars in Die geheim van Mussolini se kaart deur Constant van der Merwe.

Wie is Ludo Labuschagne nou eintlik? Kyk na François Bloemhof se voorlesing uit Die duiwel maak my hart so seer om uit te vind

[Video] ‘Jare voor Agatha Christie in my lewe sou kom, het die getuienis teen my begin opbou’: François Bloemhof lees voor uit Die duiwel maak my hart so seer.

Hoe oorleef mens 40 jaar saam met ’n narsis? Lees twee uittreksels uit So lyk ’n vrou … deur Ilse Verster

In So lyk ’n vrou … vertel Ilse Verster van ’n leeftyd se mishandeling deur ’n narsis – en wat dit verg om jouself te red.

‘Dit laat haar droewig voel, al die grysheid’: Lees ’n uittreksel uit Marie Spruyt se jongste roman, Droomboom

LAPA Uitgewers deel graag ’n proeseltjie uit Droomboom, Marie Spruyt se jongste roman wat afspeel teen die agtergrond van Ierland se magiese landskap.

‘Is jy in die moeilikheid? Tart ’n geheim jou?’ Lees ’n uittreksel uit Kry vir jou, nuut deur François Bloemhof

Lees ’n kort uittreksel uit Kry vir jou, die tweede boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-wiedoenit reeks!

‘Petrusburg was Jimi se rugbyhemel’: Lees ’n uittreksel uit Maretha Maartens se bekroonde jeugroman, Bethel se berg

Op soek na die perfekte geskenk vir jou tiener se Kerskous? Lees ’n uittreksel uit Bethel se berg deur Maretha Maartens – naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie 2020.

Moord is op die spyskaart … Lees ’n uittreksel uit Gifbeker deur Irna van Zyl

Wat is beter as ’n boek vir Kersfees? ’n Reeks! Lees nou al vier uittreksels uit Irna van Zyl se Storm van der Merwe-reeks: Moordvis (2016), Gifbeker (2018), Bloedsteen (2020) en Op ’n mooi dag (2021):

‘Jy is die oorsaak,’ moes ek hoor. Haar depressie is my skuld: Lees ’n uittreksel uit Verhale van hoop deur Pieter van Zyl

In Verhale van hoop gesels Pieter van Zyl met mense van verskillende agtergronde oor wat dit behels om die pad van ’n psigiese versteuring met ’n geliefde te loop.

’n Lyk in die swembad onderbreek ’n stomende swemsessie – lees Hoofstuk 1 van Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen!

LAPA Uitgewers het ’n uittreksel gedeel uit die finale roman in Jan Vermeulen se Olaf Demeyer-reeks, Spieëltjie, spieëltjie.

[Uittreksel] Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof: ‘Ek draai die knop en die deur swaai oop. Krakend’

Lees ’n gedeelte uit Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof – ’n magiese-realistiese roman waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg.

‘Sy glimlag styf. Dit bly steeds ’n shitspul’: Lees ’n uittreksel uit Moordvis deur Irna van Zyl

Dinge raak gevaarliker as ’n haaihokduik (sonder die hok) vir Storm van der Merwe in Moordvis deur Irna van Zyl. Lees ’n uittreksel uit die heel eerste roman in hierdie gewilde reeks!

‘Ek het dadelik besef ek is in groot gevaar’: Lees die Inleiding tot Ina Bonnette se aangrypende verhaal, INA

Lees ‘n uittreksel uit INA, ‘n Verhaal van genade en genesing deur Ina Bonnette – die merkwaardige ware verhaal van ‘n oorwinnaar van geslagsgeweld.

‘Ek moet jou iets vertel … Jip, ek is gay’: Lees ’n uittreksel uit Skeef deur Renaldo Schwarp

‘Elkeen se reis is uniek,’ skryf mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp in ’n uittreksel uit sy LGBTIQ-memoir, Skeef.

Lees ‘n uittreksel: Die onderwêreld is in rep en roer in Peet Venter se jongste misdaadroman, Een vir een

Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad een vir een uit te haal? Lees ‘n uittreksel uit Een vir een deur Peet Venter.

‘Maar ’n geruime tyd al hoor hy niks nie. Die musiek, die note dis weg’ – Lees ’n uittreksel uit ’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler

[Uittreksel] Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat in ’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler.