C

‘Is jy in die moeilikheid? Tart ’n geheim jou?’ Lees ’n uittreksel uit Kry vir jou, nuut deur François Bloemhof
 More about the book!

Kry vir jou, die tweede boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-wiedoenit reeks, het pas die rakke getref! En die keer probeer Ludo ’n tergende raaisel op ’n wynplaas oplos … voor dit te laat is.

~~~

Lees ’n soeper-kort uittreksel:

Gatoorkop hardloop ek die Golden Egg binne. Steek vas en kyk rond. Daar is net mense by drie van die tafeltjies – so min klandisie soos wat jy twintig oor elf op ’n Sondag hier kan verwag – en nie een van hulle kan sý wees nie.

‘Kom jy nog?’

Dis wat sy oor die telefoon wou weet.

Ek het dit dadelik herken, dieselfde stem as laas Donderdag, in antwoord op die advertensie wat ek in Die Burger se ‘Snuffelgids’ geplaas het.

Is jy in die moeilikheid? Tart ’n geheim jou? Laat Labuschagne Ondersoeke die waarheid vir jou uitsnuffel. Lae tarief.

Eers was dit net grapmakers wat gebel het. Toe, veel erger, Yolanda, om te sê sy’s swanger. Maar uiteindelik was daar tog die regte soort oproep, die meisiestem fynerig en taamlik hoog.

‘Ek het jou advertensie gesien … En toe dink ek …’

Ek kyk weer deur die Golden Egg. Sy materialiseer nie.

Verwens myself. Ons het ’n afspraak gemaak vir halfelf op Maandag 1 Februarie – maar daar bestaan g’n so ’n dag nie, of in elk geval nie vanjaar nie. Wát het my laat dink die einde van die maand is eers vandag?

En watse vertroue kan ’n kliënt in my hê as ons só afskop?

‘Soek meneer ’n tafel?’ vra ’n kelnerin. Dis eintlik skokkend, sulke aandag terwyl hulle gewoonlik die definisie van onsigbaarheid is wanneer ek ’n restaurant binnestap. Dalk moet ek dit altyd binnestorm.

~~~

Wat gebeur volgende? Kry vir jou die boek om uit te vind!

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts François Bloemhof Kry vir jou LAPA Uitgewers Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments