C

Werksgeleentheid: Is JY LAPA Uitgewers se nuwe produksieassistent? (Aansoeke sluit 31 Jan 2020)

Is jy lief vir Afrikaanse boeke? Stel jy belang in aktuele sake? Beskik jy oor sterk taal-, organisasie- en rekenaarvaardighede en floreer jy boonop onder hoë druk? Dan het LAPA die perfekte geleentheid net vir jou.

LAPA Uitgewers is op soek na ’n sterk kandidaat om die volgende pos te vul:

Produksieassistent

Beskrywing:

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as Produksieassistent by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.

LAPA Uitgewers volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.

Algemene vereistes:

  • ’n Liefde vir boeke met ’n spesifieke belangstelling in die Afrikaanse literatuur en aktuele sake
  • Goeie taalvermoë
  • Sterk rekenaarvaardighede in onder meer Microsoft Office
  • Uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede
  • Ondervinding in die uitgewersbedryf
  • Sterk organisatoriese en skakelvaardighede
  • ’n Toepaslike kwalifikasie
  • ’n Geldige rybewys

Hoofverantwoordelikhede:

  • Koördinering en uitvoering van verskeie administratiewe produksieverwante take in die niefiksie-uitgewersafdeling van die maatskappy
  • Bystand in die uitvoering van die jaarlikse publikasieprogram en produksieskedule
  • Opstel en bestuur van skedules en sakeplanne vir gedrukte en digitale produkte
  • Gereelde skakeling met medewerkers en skrywers
  • Aanvra van kwotasies en onderhandeling van drukpryse
  • Gehaltebeheer van die druk- en bindwerk van nuwe publikasies
  • Die bestuur van die produksieproses van gedrukte en digitale produkte
  • Kontroleer korreksies en lynkorreksies en doen proefleeswerk waar nodig
  • Kan onder hoë druk werk en krisisse bestuur
  • Uitstekende organisatoriese en administratiewe vaardighede
  • Uitstekende beplanningsvaardighede

Voordele:

’n Mededingende vergoedingspakket (totale koste vir maatskappy, pensioen- en mediese- fondsbydraes ingesluit) word aangebied met markverwante vakansie- en siekverlofvoordele.

Aansoeke moet LAPA Uitgewers voor of op 31 Januarie 2020 bereik. Stuur ’n dekbrief en jou CV aan: Charissa De Wet by betrekkings@lapa.co.za

Beskou die aansoek as onsuksesvol indien jy nie binne ses weke van LAPA gehoor het nie.

Categories Afrikaans South Africa

Tags Afrikaans Career opportunities Careers Jobs LAPA LAPA Uitgewers Production Assistant Job Produksieassistent-pos Publishing Jobs Vakature Werksgeleentheid


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments