C

Wat gebeur as jou dogter ’n moorddadige psigopaat word? Deborah Steinmair gesels oor As jy van moord droom
 More about the book!

Deborah Steinmair se jongste boek As jy van moord droom het pas by LAPA verskyn en handel oor een sentrale vraag:

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Naomi Meyer het met Deborah gesels oor haar verhoudingsriller. Lees die onderhoud:

En as jou kind dan wel na jare weer op jou stoep opdaag, en sy is nie wie jy gehoop het sy sal wees nie, sal jy haar steeds liefhê? Ek weet nie of die vraag verband hou met die roman en of dit bloot ’n persoonlike vraag is nie.

Dit is die kernvraag wat ek probeer beantwoord en ek dink die gevolgtrekking is dat jy sal. Nie onvoorwaardelik of by voorbaat omdat sy jou kind is nie, maar omdat sy naby jou is en jy haar weer ervaar, sal jy haar van vooraf leer liefkry. Daar is natuurlik baie ander vrae wat by implikasie geopper word, soos: Sê maar sy het ’n moorddadige psigopaat geword? My gevoel is nogal dat ’n mens haar steeds sou liefhê. Daar is soveel kwessies wat in die sop bygeklits word: skuldgevoel, jammerte, identifisering, bloed.

Die donker (humor). Gebeur dit vanself, die lag vir al die absurditeite van die lewe, hoe vreeslik ook al? Weer eens: dalk is dit ’n persoonlike vraag, dalk handel dit oor jou boek.

Dit gebeur vanself. Dit is my reaksie op ’n gek wêreld. Dit is seker my stem. Ek kan dit nie onderdruk nie. Ek het nogal gedink hierdie boek is heel ernstig en donker en glad nie snaaks nie. Ha.

Die skrywer sal op Woensdag, 9 Maart, haar boek by die US Woordfees bekendstel. Maak seker jy koop jou kaartjies betyds!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans As jy van moord droom Deborah Steinmair Interviews LAPA LAPA Uitgewers Litnet Naomi Meyer Onderhoud


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments