C

[Video] ‘Die geweld speel af in die huis waar alles bitter gevaarlik is’ – Deborah Steinmair gesels oor domestic noir
 More about the book!

Heino du Plessis het onlangs met Deborah Steinmair gesels oor haar roman, As jy van moord droom. 

Hy skop die onderhoud af met die vraag: Wat is domestic noir?

‘Dit is eintlik ‘n sielkundige riller. Die geweld speel af in die huishoudelike opset waar alles bitter gevaarlik is, en ook in die mense se koppe. Jy het ‘n onbetroubare verteller, dikwels vroulik, so jy kan nie glo wat sy sê nie, en jy beleef die werklikheid vanuit haar kop.’

Oor die inspirasie vir haar roman sê Deborah:

‘Dit is een van ‘n ma se grootste vrese dat jou kind gesteel, ontvoer, of gaan wegraak,’ sê sy. ‘Dan lees jy die pers, stories wat regtig gebeur het, en jy lees dat dit gebeur dat kinders teruggevind word na baie jare en met hul ouers herenig word. En dan vra jy jouself: Hoe identifiseer jy weer met jou kind? Hoe bou jy ‘n verhouding en ‘n woordeskat op na ‘n gaping van baie jare en verskriklike dinge wat gebeur het?’

Kyk na die video:

Meer skakels:

Ook beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans As jy van moord droom Deborah Steinmair Domestic Noir Heino du Plessis Interviews LAPA LAPA Uitgewers Skrywers-inspirasie Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments